7 Dag Paasfees uitdaging

Jy word hartlik uitgenooi…

Om die aanloop tot PAASFEES vir 7 dae saam met ons te vier!

Kom deel in die verrykende ervaring in aanloop tot en viering van Paasfees soos nooit van tevore!

Dit sal gelyktydig pret wees EN ‘n dieper, betekenisvolle ervaring. Jy en die mense om jou mag dalk nooit weer dieselfde oor Paasfees dink nie.

Die laaste 7 dae van Jesus se lewe, voor sy opstanding, is sekerlik van die mees betekenisvolle dae vir enige mens se lewe ooit. Ons daag jou uit om dit saam met ons te kom vier.

Die uitdaging lê daarin dat jy en jou nabye geliefdes aan 7 uitdagings (Maandag tot Sondag) met oorgawe sal deelneem en vir 7 dae sal volhou. Elke dag het ‘doen dinge’, ‘nadink dinge’ en keuses wat jou inlei in ‘n heerlike avontuur. Dit word nog meer opwindend met allerlei saam-wees projekte en kos of eet-uitdagings.

Daar is ook elke dag ‘n spesiale aktiwiteit spesifiek vir die jonger mensies in jou kring.

Het jy ook al gewens jy kan ryker geestelike ervarings hê, die Here se nabyheid meer intens ervaar en Hom baie dieper leer ken? Hierdie is ‘n uitdaging juis daarvoor!

Hou hierdie spasie dop!

Hierdie uitdaging is opgestel en word aangebied deur ds Piet Albertyn se Coaching for Enrichment-span.

Klik op die volgende skakels en laai die dag se uitdaging af:

Dag 1: Die “Gaan woestyn toe” uitdaging

DAG 1: Die “GAAN WOESTYN TOE” uitdaging.

Dag 2: Die “Swaai ‘n palmtak” uitdaging

DAG 2: Die “SWAAI ‘N PALMTAK” uitdaging

Dag 3: Die “Dek ‘n tafel” uitdaging

DAG 3: Die “DEK ‘N TAFEL” uitdaging

Dag 4: Die “Wakker bly” uitdaging

DAG 4: Die “WAKKER BLY” uitdaging

Dag 5: Die “Gebreekte eier” uitdaging

DAG 5: Die “GEBREEKTE EIER” uitdaging

Dag 6: Die “Maak alles donker” uitdaging

DAG 6: Die “MAAK ALLES DONKER” uitdaging

Dag 7: Die “Wat ‘n verrassing” uitdaging

DAG 7: Die “WAT ‘N VERRASSING” uitdaging