3-Kruis Deurry Basaar

3-Kruis Deurry Basaar: Jy word uitgenooi om ons 3-Kruis Deurry Basaar te ondersteun. Dit is so maklik soos dit: Bestel, betaal & kom haal. Hierdie jaar, word die Basaar oor drie geleenthede versprei. Die datums is:  Saterdag 5 September (afgehandel), Vrydag 18 September en Saterdag 3 Oktober. Die advertensie wys wat jy kan koop. Pryse is op die bestelvorm. Plaas jou bestelling op die bestelvorm. wat jy aanlyn kan invul. Klik op die volgende skakel:  Die skakel sal eersdaags gelaai word
 
Indien jy niks wil bestel nie, is daar op die vorm ook ‘n plek waar jy kan deelneem aan ons kompitisie, ‘n lootjie kan koop om ‘n skildery van Santie Scoeman te wen of om ‘n donasie te kan maak.
Hoe werk die afhaal van jou bestelling?

Daar gaan 3 opsies te wees waarop mense hulle bestellings ontvang:

1. Afhaal by spesifieke punte. Ons verkies dit en sal stalletjies duidelik merk en maklik toeganklik maak
2. Mense wat in motors bly sit. “Runners” kry die bestelvorm en gaan dan bestellings afhaal en vir persone na hulle motors toe bring.
3. Items aflaai by mense se huise. In gevalle waar mense nie die bestellings wil kom aflaai nie a.g.v. verskeie redes, sal dit afgelewer word. Ons wil dit regtig beperk tot die noodsaaklike.

Hoe werk die betaling?

Jy gaan vooraf bestel, dit of per EFT,  Zapper of op die dag met kontant, zapper of per kaart betaal wanneer jy jou bestelling kom afhaal.

Ander:
 Daar gaan ‘n skildery wees wat ook uitgeloot gaan word wat Santie Schoeman geskilder het.
 Bestellings is noodsaaklik, maar indien daar ekstra belangstellings op daardie dag is, sal daar ‘n paar items by elke stalletjie ekstra gemaak word, wat op die dag gekoop kan word.
 Indien bestellings nie deur die bestelvorm geplaas kan word nie, kan mense telefonies of per SMS ook bestel. Anneke sal hiermee help. Bel haar tydens kantoorure by 012 657 1296 of los ‘n boodskap. Bestellings vir gebak sluit Donderdag 10:00. Bestellings vir die res van die produkte sluit Vrydag oggend om 8:00.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *