Gesinstoerusting
Ons gemeente beskou die huis as die primêre plek waar geloof ontwikkel word en wil graag ouers ondersteun en toerus in hulle geloofsontwikkelingstaak tuis. Om dit te doen, bied ons gereeld (kyk asseblief op die kalender en hou die afkondigings dop) ’n spesiale geleentheid (Vat dit huistoe) aan waarin ons ouers ondersteun en toerus oor hoe om bv. jou kinders te seën, hoe leer ek my kind bid, hoe om Bybellees spesiaal en pret te maak, hoe om oor geloofsake gemaklik te kan praat, Hoe om diens te lewer en uit te reik, Hoe om God te aanbid, Hoe om geld te hanteer, Hoe om grense op te rig en te handhaaf, Hoe om verhoudings te hanteer en oor seks te praat, hoe om met hoop die toekoms in te stap ens.
Ons stuur ook elke week ‘n 3-Kruis Huiskonneksie vir elke gesin per e-pos. Dit is ‘n gespreksdokument wat aansluit by die Sondag se erediens en kategese tema. Ons vra jou om dit te gebruik om gereelde geloofsgesprekke tuis aan te moedig oor dieselfde onderwerp en teks as waaroor by die kerk gepraat is. Jy kan dit ook hier op die weblad lees of aflaai. http://www.ngthereeds.co.za/?page_id=1857
PAASFEES SOOS NOG NOOIT TEVORE:
Hier is drie hulmiddels wat jou kan help om Paasfees saam met jou huis te vier soos nog nooit tevore nie. Gebruik dit met groot vrymoedigheid.
Vir meer inligting kontak die Kerkkantoor 012 657 1296