Huwelikstoerusting

Huweliksvoorbereiding word op ‘n persoonlike basis deur ds. Johan met elke voornemende paartjie wat wil trou gedoen. Dit behels vier (moontlik vyf) gesprekke waarin voornemende paartjies begelei word in onderwerpe soos God se doel met die Huwelik, Die rol van eie identiteit in die huwelik, kommunikasie en konflikhantering, seksualiteit en afsonderlike en gesamentlike groei. Die vyfde gesprek is addisioneel en is ’n volledige persoonlikheidsontleding en bespreking hoe dit elke paartjie se verhouding kan beïnvloed.

Huweliksverryking.
Ons poog om een geleentheid per jaar te reël waarin spesifiek op huwelikstoerusting gefokus word. Elke jaar verskil die onderwerpe en dit word in die vorm van ’n ete met sprekers of net gesprek in ’n groter groep, aangebied.

Huweliksviering.
Ons vier een Sondag per jaar almal wat 40 jaar en langer getroud is se huwelikke. Kyk na die afkondigings in die verband.

 Vir die volgende beplande aanbieding, kontak die kerkkantoor 012 657 1296

Gesprek oor seksualiteit – Dr. Ettiene Kok

Klik op die volgende skakel om na die gesprek te luister: