NG The Reeds bied ‘n Potjiekos-geleentheid aan ten bate van ons fondse.
Op Saterdag 27 Mei is die volgende op die spyskaart: Heerlike koedoepot & rys asook smaaklike malvapoeding. Vul asseblief onderstaande bestelvorm in (bestellings sluit Donderdag 25 Mei teen 12:00) om jou bestelling te plaas en kom eet/ haal jou ete af teen 13:00.
Indien jy ‘n pot wil inskryf beloop dit R 50 per inskrywing (kontak die kerkkantoor voor Woensdag by 012 657 1296 of Danie 0813172932). Indien jy nie ‘n pot inskryf nie, kom kry gerus van die gemeentepot @ R 50 per bord/wegneem-ete. Nooi gerus vriende en familie en kom geniet die dag saam met ons.
Wanneer jy jou bestelling ge-“submit” het, kry jy onmiddelik jou bestelvorm met jou bestelling as bevestiging per e-pos terug. Ons sal voor Saterdag vir jou ‘n faktuur per e-pos stuur om die detail van jou bestelling te bevestig. Op die faktuur sal alles wat bestel is asook bankbesonderhede en die Zapper QR-kode op wees om die betaling te kan doen. Jy is natuurlik ook welkom om kontant te betaal of van ons kaartfasiliteit gebruik te maak wanneer jy die kos kom geniet of afhaal. Adres vir afhaal: NG The Reeds Gemeentesentrum, Sacharia straat 42, The Reeds. Kom ondersteun ons gemeente – ons staan reg om jou te bedien.
Ons is so opgewonde oor die geleentheid wat ons het om julle te bedien en julle ons kan bederf met
julle teenwoordigheid.
Groete die Projekspan