Junior Kategese

Ons Gesinsdiens en Junior Kategese (Voorskool – Gr 6) is direk aan mekaar verbind. Ons maak gebruik van die LP3 kategesemodel, wat geskryf is deur Dr. Paul du Toit en deur die Bybel-Media vir die kerk bemark word. Hierdie model help ouers en kinders om deur middel van lyne (wat God se storie met mense aandui van die begin tot vandag), 12 panele (wat die hele geskiedenis van die Bybel tot vandag toe uitbeeld) en portrette (wat belangrike karakters in die geskiedenis uitbeeld). Kinders en ouers wat hieraan deelneem getuig van die ontsettende waarde wat dit vir almal het.

Ons maak deel uit van die 9uur Erediens. Daar word vir die kinders ‘n stukkie aangebied tydens die Erediens, waarna die kinders in kleingroepies verdeel en ouers agterbly vir die res van die Erediens.