OPSTAAN EN SAAMSTAAN NA COVID – Augustus 2022

Gemeentevergadering Dinsdag 16 Augustus 2022

                                                                                  

                                               

Opening:

Ds. Johan open deur te verwys na afgelope Sondag se teks uit Josua 1:1-9. Agter die volk is Egipte en die woestyn. Alhoewel dit moeilik was vir die volk is dit hulle bekende wêreld. Voor hulle is Kanaän, die beloofde land. Tog is hulle bang en onseker en slefs angstig. Dis onbekend en daar is reuse. Dit inname lyk onmoontlik.

In Josua 1 roep God vir Josua en gee aan hom die opdrag om die volk die beloofde land, wat Hy vir hulle gee (Hy herhaal die gedagte 3x in vers 3, 4 en 6),  binne te lei. Hy gee ook die belofte (2x) dat hy met hom (die volk) sal wees (vers vers 5 & 9). Dan roep God die volk drie keer op om sterk en vasberade (dapper) te wees. God weet, dit is nie die vyande wat sterker is as die volk, wat die grootste gevaar vir die volk inhou nie, maar kleingeloof. Daarom herhaal Hy drie keer die opdrag dat hulle sterk en dapper moet wees en dat Hy met hulle sal wees. Ja, dit gaan wel beteken dat hulle in die volgende paar maande hulle moue sal moet oprol en veg, maar God wil hulle voorberei met sy roeping, versekering en oproep.

The Reeds-gemeente staan, soos die volk, voor ‘n nuwe klomp uitdagings. Agter ons is ‘n reis van 34 jaar. Dit is ons bekende. Daar was baie spesiale momente, maar ook uitdagings, maar dit is ons bekende. Voor ons staan die onbekende. Die nagevolge van Covid, wat ons binnekante diep geraak het; ‘n Veranderende omgewing waar ons woon en werk; die politieke en ekonomiese uitdagings. Dit is in hierdie tyd dat ons Josua 1 opnuut moet hoor ook vir ons gemeente. Ja, ons gaan ook ons moue moet oprol, maar ons moet voor dit hoor dat God ons ook voorberei met sy roep, versekering en oproep.

Ds. Johan wys daarop dat afgelope Dinsdag se brief, onder die opskrif Opstaan en Saamstaan in Die Riete, reeds die beginpunt was van ‘n omdraai strategie. Die Here wil ook vir ons oproep om sterk en vasberade op te tree in ‘n tyd soos hierdie. Nadat Covid ons lam gelê het, vra dit dat ons besef wat met ons gebeur het en aktief moet opstaan en saamstaan in Die Riete. Christus, wie die hoof van ons gemeente is, wil in, met en deur ons sy koninkryk laat kom hier in The Reeds.

Ons moet ook ons gemeentevergadering vanaand in hierdie lig sien en benader.

 

Finansiële verslag

 

Chris Joubert hou die finansiële verslag van die eerste ses maande van die huidige boekjaar aan die vergadering voor:

Die kort en die lank vir die dringendheid van ons vergadering is dat ons uitgawes vir die afgelope ses maande meer/hoër is (gemiddeld R 20 000 meer) as ons inkomstes. As ons op die tweede bladsy van uitgedeelde stuk (tweede skyfie van meegaande powerpoint-skyfie) kyk sien ons die volgende:

  • In die eerste lyntjie sien julle die banksaldo soos op 31 Julie 2022 (- R 47 155 van ‘n oortrokke fasiliteit van R 80 000);
  • In die tweede lyntjie sien julle die bedrag wat alreeds in die eerste sesmaande ingekom het vir ons tiendemaand al word dit eers in September maand geloods (dws mense het al afgelope ses maande daarvoor geld inbetaal (Jaar tot datum JTD – R 38 226;
  • In die derde lyntjie word die verbandlening (uitstaande skuld op die 3-Kruis Vaderhuis) soos op 12 Augustus aangedui (R 476 896, rentekoers en paaiement word ook weergegee);
  • In die vierde lyntjie word ‘n volledige uiteensetting gegee van die gelde wat SARS van ons gemeenterekening verhaal het (R 62 070,12), wat hulle beweer ons hulle skuld. Volgens hulle is daar nog uitstaande. Dit is die buffer waarvan ons gepraat het in die brief wat Dinsdag uitgegaan het, wat opgevreet is en dus ons gemeente onder enorme druk plaas. Daar word ook in die derde kolom aangedui wat gedoen is rondom die SARS aangeleentheid en ons wag nou vir SARS se reaksie daarop;
  • In die vyfde lyntjie word ons inkomstes en uitgawes die afgelope ses maande uiteengesit. In die linkerkantste blokkie word die begrote bedrae vir Julie weergegee, die middelste blokkie bevat die werklike syfers vir Julie en die regterkantste blokkie bevat die totale inkomstes en uitgawes vir die eerste ses maande (Inkomstes: R 531 321; Uitgawes: R 633 787; Totaal tekort: R 102 465).

Die derde bladsy wys hierdie prentjie nou net grafies en gee ook ‘n vergelyking van die afgelope drie jaar se eerste ses maande se syfers:

  • In die grafiek kan duidelik gesien word dat die uitgawes van die huidige finansiële boekjaar gemiddeld R 20 000 minder is as die inkomstes;
  • In die blou bubble word die eerste ses maande se syfers vir hierdie jaar en die vorige twee finansiële jare weergegee: In al drie hierdie jare is die tendens dat ons minder inkomstes inkry in die eerste ses maande as in die tweede ses maande van die jaar. Wat hierdie jaar egter anders maak, is dat dit ongeveer dubbeld die vorige jare se bedrae is.
  • Hierdie boekjaar se eerste 6 maande (2022/23):    R  102 466 (Tekort/ oorskot vir boekjaar is nog onbekend);
  • Vorige jaar se eerste 6 maande (2021/22):    R     36 398 (Tekort vir boekjaar was   R -68 032);
  • Twee jaar terug se eerste ses maande (2020/21): R     53 454 (Surplus vir boekjaar was  R 128 381

Op die vierde bladsy (vierde skyfie) word dan al die inkomstes volledig uiteengesit vir die eerste ses maande van die huidige finansiële jaar. Die vyfde bladsy (vyfde skyfie) toon hoeveel die huidige boekjaar se eerste ses maande van die boekjaar vergelyk met die vorige jaar se inkomstes. Daaruit blyk duidelik dat die afwykings is soos volg:

  • Wegneem-etes (R 11 939,79 minder as vorige jaar);
  • Aandmark in Maart 2022 (R 22 923,88 minder as die vorige jaar);
  • Dankoffers direk elektronies inbetaal (R 26 002,00 minder as die vorige jaar);
  • Dankoffers dmv debietorders (3 821,00 minder as die vorige jaar);

 

Redes vir laer inkomste (Chris en persone wat bygewoon het, het hier insette gegee en vrae gevra oor die moontlike redes hoekom ons staan waar ons staan):

 

  • Ons kom agter dat dit swaar gaan finansieël met ons gemeentelede;
  • Ons area se inwoners verander – nuwe intrekkers in The Reeds is engelssprekend;
  • Meeste van ons betrokke gemeentelede (veral na Covid) is op pensioen.
  • Direkte oorbetalings (dankoffers) is aansienlik minder.
  • Projekte se inkomste is laer dus minder mense het die Mrt Kuier-basaar (Spitbraai) ondersteun;
  • Debietorders is laer agv verhuisings. Daar is ook gereeld enkele debietorders wat nie deurgaan

nie agv verskeie redes. Dit bring ongelukkig ekstra kostes mee (R10) wanneer debietorder nie

deurgaan nie;

  • Daar is ‘n bekommernis onder die gemeentelede wat gereeld dienste bywoon: Waar is al die

mense wat voor COVID die dienste bygewoon het? Hoe gaan ons hulle weer betrokke kry? Die

vraag is gevra of baie mense die gemeente verlaat het? Die boeke en amptelike inligting is dat

dit nie so is nie. Die realiteit is net dat soveel mense moontlik kan weg wees sonder dat ons

daarvan bewus kan wees. Daar word wel tans ‘n sensus onderneem, waarop alle persone

waarvan ons bewus is wat weg is, se name van die register verwyder sal word (Ons vra lidmate

om ons in die verband te help;

  • Ons beleef die verlies aan samehorigheid gedurende dienste, maar ons verstaan dat mense nog

onseker is oor groot byeenkomste en respekteer dit.

Op die sesde bladsy (sesde skyfie) word die kommunikasieplan en aksiestappe tot op hede aangedui oor hoe die finansiële bestuur die huidige stand van sake bestuur het en besig is om te bestuur.  Dit is hier waar die vergadering gevra is om nog gedagtes op die tafel te sit hoeons die huidige uitdagings kan hanteer:

Idees vir ekstra inkomste generereer:

  • Saal beskikbaar stel vir groot funksies (kort ‘n persoon om oop+toe te sluit en die skoonmaak na die funksie);
  • Weekliks terugvoer gee aan die gemeente van elke maand se inkomste/uitgawes soos wat ons gedurende die 10de maand terugvoer gee;
  • Die voorstel word geoppper of die Vrydagverkope (afhaal)  nie moontlik geskuif moet word na Sondag na die diens nie (Kos/poeding verkope na ‘n Sondag diens);
  • Indien dit enigsins haalbaar is en bestuur kan word, kan ‘n gaskunstenaar gekry word vir ‘n optrede;
  • Advertensie borde op ons heining teen ‘n fooi;
  • ‘n FAK-konsert saam met Roelof;
  • Die oop stuk grond aan onderkant van ons perseel skoonmaak en dit ‘n stoorspasie maak vir mense teen ‘n fooi. Dit sal wel kostes meebring om dit gereed te kry en te beveilig;
  • Dit kan weer oorweeg word om die oop erf te verkoop;
  • Roelof stel voor dat hy moontlik ‘n musiekskool kan begin in Centurion en ons perseel gebruik teen ‘n persentasie van sy inkomste;
  • ‘n Gholf dag kan gereël word indien ons mense kry wat gholfers is wat dit kan organiseer;
  • Die uitverhuring van ons geboue kan bemark word deur ons gemeentelede by hul werke/ vriende.

Samevatting:

 

Dit lyk inderdaad of deel van die probleem te doen het met dalende energievlakke, dalende betrokkenheid. Hieraan gaan beslis aandag geskenk moet word (Die Bedieningsbestuur het ‘n soortgeluke besluit geneem om deur ‘n proses te loop waar ons 20% van ons betrokke mense heen wil uitnooi om seker te maak ons is besig waarmee God wil hê ons moet besig wees). Dit isom hierdie rede dat die opstaan en saamstaan na Covid in Die Riete nie net ‘n poging mag wees om maar net ons inkomste te verhoog nie, maar om regtig in die geloof op te staan en saam te staan en onsself aan te bied om in die gemeente te dien.

Natuurlik leef ons ook onder ongelooflike ekonomiese druk en mense kry regtig swaar. Daar word ‘n beroep op almal gedoen om ons projekte (ons komende basaar, Vrydag-verkope en alle projekte wat uit hierdie vergadering spruit) te ondersteun en om op te tree as bemarkers daarvan by by vriende en kollegas by die werk. Daar word verder ‘n beroep op almal  gedoen om asseblief toe te sien dat hul dankoffers by die gemeente uitkom.

Ons gaan ook staatmaak op elke gemeentelid om die stoele in die eredienste weer vol te kry en ons pre-COVID samehorigheid weer terug te kry. Nooi mense uit wat jy ‘n ruk nie meer in die dienste sien nie. Kom ons maak ‘n punt daarvan om mense in te sluit en welkom te laat voel in ons gemeente.

Afsluiting:

Ds. Johan verwys weer na Josua 1 in sy afsluitingswoorde: Die Here het vir Josua en die volk geroep om die land in te trek en hulle herinner dat Hy saam met hulle (eintlik vooruit) gaan. Die gevaar lê nie in die eerste plek in die uitdagings wat voor hulle lê nie, maar in kleingeloof.  Jeus het eintlik presies vir die kerk gedoen wat Josua vir die volk gedoen het. Net voor Hy opgevaar het na die hemel het Hy volgens Mat. 28 vir dy dissipels gesê: :Onthou, Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Vandag kom roep die Here ons gemeente op om deel te neem aan die koms van sy koninkryk in en deur The Reeds gemeente: “Neem die nuwe land in besit”. Hy gee die koninkryk vir ons en belowe dat Hy met ons is. Hy vra egter dat ons sterk en vasberade (dapper) sal optree. Hy vra dat ons Hom sal gehoorsaam, dat ons Hom sal vetrou en in verhouding met Hom sal lewe op hierdie reis. Kom ons volg Hom!

Ds. Johan sluit af met ‘n gebed.

Klik op die volgende skakel om die inhoud van die gemeentevergadering (16 Augustus 2022) af te laai:

Gemeentevergadering 16 Augustus 2022

Laai ook die powerpoint-skyfies af wat die uiteensetting gee van die finansiele syfers van eerste ses maande van die jaar finansiele jaar:

Finansiele Ontleding 31 Julie 2022

Klik op die volgende skakel om die brief: Opstaan en saamstaan na Covid – Augustus 2022 af te laai:

Opstaan en saamstaan na Covid in Die Riete- Brief aan gemeente – Augustus 2022

Hier volg die brief:

NG Gemeente The Reeds

Liewe broer en suster in die Here

Die afgelope paar jare het Covid en die gepaardgaande grendeltye nie net individue en gesinne geraak nie, maar families, die werksomgewing, skole en opleidingsplekke, kerke en sommer die hele samelewing. Om dit alles te kroon beleef ons almal saam ook die politieke en ekonomiese uitdagings, hoë misdaadvlakke en elektrisiteitsprobleme van Suid-Afrika. Hierdie goed saam het en is besig om die psige van ons mens-wees diep te raak en die gevolge hiervan word nou omtrent op elke lewensterrein ervaar. Die feit dat jy hierdie briefie lees beteken dat jy hierdie ongelooflike aanslag oorleef en steeds probeer om sinvol met hoop te lewe. Ons het die Here en mekaar meer as ooit tevore nodig om hierdie storm te oorleef. Jesus Christus het juis in so uitdagende tyd na ‘n geknakte volk (ons kan invoeg geknakte riet vgl. Jes. 42:3 & Mat.12:20) gekom en heelheid en hoop gebring. Mag ons in hierdie tyd ook ervaar dat ons deel van die geseëndes is, wat weet hoe afhanklik ons van God is (Mat 5:3) en mag ons ervaar dat Hy sy gemeente hier in The Reeds vashou en moed gee om met hoop te lewe.

The Reeds gemeente was werklik geseënd tydens die Covid grendeltyd in 2020. Die gemeente het bo verwagting beleef dat die Here ons op elke gebied gedra, bemoedig en geseën het. Op finansiële gebied het dit ook met die gemeente werklik goed gegaan.  Lidmate het op ‘n breë basis alles ondersteun wat in hierdie uitdagende tyd aangebied is en getuig van die Here se versorging deur die gemeente gedurende daardie tyd. Almal het op finansiële gebied ook ruim bygedra en projekte wat in daardie tyd geloods is uitstekend ondersteun. Dit het meegebring dat die gemeente ‘n buffer kon opbou om die gemeente te dra tydens moeilike maande (tradisioneel April, Junie en Julie-maande).  Verlede jaar het dit ook nog goed gegaan, alhoewel die dankoffers en eredienskollektes begin afneem het. Ons het die finansiële jaar afgesluit met ‘n van R 68 032.00 Die buffer kon ons help om, ten spyte van die tekort, steeds met ‘n positiewe banksaldo te kon afsluit.

Twee onverwagse SARS aftrekkings (een in Maart 2020 van R 27 070 en een in Maart 2022 van R 35 000) het ons buffer egter uitgewis. Hierdie saak is onmiddelik opgeneem, maar kon eers uiteindelik in Junie 2022, na ‘n lang gewag vir SARS, aangespreek word. Dit is egter nog nie afgehandel nie.

Hierdie stand van sake het ons finansieel op die agtervoet geplaas met die begin van die huidige boekjaar. Die gemeente het die ekonomiese druk wat ons tans in ons land beleef ook op finansiële gebied ernstig begin beleef, soos duidelik gesien kan word in die afgelope vier maande se syfers. Daar was ‘n merkbare afname van dankoffers wat elektronies inbetaal is en projekte is ook nie so goed ondersteun nie. Enkele debietorders is ook gekanselleer. Die uitverhuring van ons fasiliteite het ook afgeneem. Vir die huidige boekjaar tot einde Junie 2022 het ons ‘n gemiddelde tekort van R 20 072.95.00 per maand beleef. Dit alles het meegebring dat ons tans ‘n tekort van R 80 291.78 vir die eerste vier maande van die finansiële jaar (Maart – Junie) ervaar (Vergelyk die meegaande dokument vir al die syfers en grafieke).

Ons banksaldo het op 30 Junie op -R 54 007.99 gestaan. Ons het tans ‘n oortrekkingsfasiliteit van R 80  000, wat beteken dat uitgawes soos salarisse en rekeninge mooi bestuur moet word en nie vanselfsprekend op betaaldatums betaal kan word nie, aangesien dit ons oor die oortrokke lemiet sal neem. Ten spyte van ons tekorte kon ons gedurende die afgelope twee en ‘n half jaar  gesinne wat in bestaansnood verkeer het deur die gemeente se hulp bystaan. Hiervoor is ons baie dankbaar.

Die finansiële bestuur het reeds die volgende aksies geneem om ons te help om finansiële stabiliteit te kry, maar dit is ongelukkig steeds nie genoeg nie:

  1. Geen verhogings is toegestaan vir amptenare vir die huidige boekjaar nie;
  2. Geen diensbonusse is uitbetaal waar kontrakte dit nie pertinent vereis nie;
  3. Uithuur van ons gemeentesentrum aan die VGKerk Centurion vir hul eredienste en ander

              behoeftes is verhoog;

  1. ‘n Kontrak is gesluit met RAIN om deel van ons perseel te gebruik vir ‘n tydelike toring;
  2. Uithuur van ons geboue vir privaat geleenthede word weer sterker bemark

Die finasiëlebestuur is reeds besig met ‘n proses om aksieplanne te bepaal om ons te help met die aanvul van inkomste in die toekoms, sowel as om weer na uitgawes, wat reeds tot die been gesny is, te kyk. Ons het egter ook u hulp, meelewing en ondersteuning dringend nodig. Ons versoek en roep u op om asseblief die volgende saam met ons te doen:

  • Bid saam dat die Here ons sal vashou en met wysheid en kreatiwiteit sal seën om die huidige uitdagings die hoof te bied;
  • Meld aan en neem deel – Ons roep jou op tot ‘n nuwe stuk toewyding aan die Here, inskakeling, betrokkenheid en meelewing in die kerk van Christus hier in The Reeds en om hande, oë, ore en voete van die Here te wees in sy dienslewering in, met en deur ons gemeente (Ons is in, met en deur Christus op pad!). Bied jouself ook aan om deel te neem aan die verskillende bedieninge;
  • Ons vra jou om asseblief toe te sien dat jou dankoffer (debietorder, elektroniese inbetaling, koevertjie en eredienskollekte), soos jy voor die Here daaroor besluit het, die gemeente (rekening) elke maand bereik;
  • Ons vra jou om die projekte (Basaar 3 Sept., 10de maand projek, Vrydagverkope en KANSA se ‘Relay for life’ 4 Nov.) wat ons alles organiseer te ondersteun en vriende en kollegas te nooi om aan hierdie projekte deel te neem en te ondersteun waar moontlik;
  • Neem deel aan gemeentevergadering. Jy word uitgenooi na ons gemeentevergadering 16 Augustus tussen 18:00 en 19:00 in persoon of via TEAMS meeting (die skakel sal Di. oggend per WhatsApp gedeel word) waar ‘n finansiële oorsig gedeel sal word en waar almal betrek sal word om insette te gee oor hoe om bogenoemde uitdagings te hanteer;
  • Help om uitgawes te beperk. Indien jou debietorder om watter rede ook al nie meer van jou rekening afgaan nie, tree asseblief daaroor met die kerkkantoor in verbinding om onnodige ekstra kostes vir die gemeente se rekening te beperk;
  • Indien dit enigsins binne jou vermoë is om ‘n debetorder te teken of ‘n ekstra geldjie te kan bydrae, dit asseblief te doen.
  • Erflatings en skenkings – Oorweeg asseblief vir die langer termyn ‘n skenking of ‘n erflating om op die wyse die gemeente instaat te stel om langtermynverpligtinge (Geboue lening) afte los.

Ons glo dat die Here steeds deur sy gemeente in The Reeds ‘n verskil wil maak. In die verlede het die Here hierdie gemeente deur ongelooflike moeilike tye bygestaan dat die gemeente nie net oorleef het nie, maar kon voortgaan met ‘n positiewe bediening in moeilike uitdagende tye. Ons vertrou dat die Here ons nou ook hierdeur sal lei.  Ek bid saam met Paulus sy gebed vir die gemeente in Efese (3:14-20) vir ons gemeente in hierdie tyd:

14. Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15. aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. 16. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17. dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. 20. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21. aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid.”

Groete in Christus

Klik op die volgende skakel om die skyfies (Finansiele stand eerste 4 maande van finansiële jaar 2022) oop te maak waarna in die brief verwys is:

Finansiele ontleding Mrt – Junie 2022 – Eerste 4 maande van finansiele jaar

Ds. Johan Avenant en die Finansiëlebestuur

SAAMSTAAN TYDENS COVID – Julie/ Augustus 2021

Liewe broer en suster in die Here

Die Corona-virus het ons swaar getref

Die afgelope twee maande het ons intens beleef dat die Corona Virus sy tande diep ingeslaan het in ons omgewing. Ons het regtig baie infeksies, hospitaalopnames en dood die afgelope tyd beleef. Wees asseblief steeds veilig.

Tree dus in alle omstandighede op asof jyself die virus het en niemand wil laat aansteek nie en asof elke persoon rondom jou die virus het en jy nie wil aansteek nie. Nee, ek bedoel geensins dat jy net by die huis moet bly nie, maar dat jy jou masker sal dra, sal saniteer sover moontlik en veral nie jou masker sal afhaal of laat sak wanneer jy by ander mense gaan kuier nie. Ons bid dat die Here sy hand oor ons almal sal hou.

Oopmaak van eredienste

Die visiebestuur het byafgelope Dinsdag (27Julie) se vergadeing besluit dat ons nog nie dadelik ons oggenddienste gaan oopmaak eerskomende Sondag nie, aangesien die infeksiegetalle in ons omgewing nog baie hoog is en ons die risiko’s, veral vir ons ouer mense, so ver menslik moontlik wil beperk. Daar is besluit om die voorlopige oopmaak-datum 22 Augustus te maak, maar dit is beslis gekoppel aan ‘n afname van infeksies in ons omgewing. Die oggenddienste van 1 & 15 Augustus sal steeds op Facebook live uitgesaai word. Die YouTube skakel vir die diens van 8 Augustus sal via WhatsApp en facebook aangestuur word. Ons skakel daardie Sondag in by NG Wierdapark se diens.

Daar is ook besluit om ons jeuggerigte aandidenste (Senior Kategese)  wel oop te maak eerskomende Sondag (1 Augustus) vir ons tieners en jongvolwassenes en hul gesinne in die 3-Kruis Vaderhuis. Alle Covid – protokolle geld steeds. Daar sal wel geen aanddiens op 8 Augustus plaasvind nie (langnaweek), maar wel weer vanaf 15 Augustus.

Ons vra dat die ouers van die laerskool-fase (Junior Kategese) asseblief ontmoeting 16 saam met hulle kinders eerskomende Sondag (1 Augustus) en ontmoeting 17 Sondag (15 Augustus) sal deurwerk,. Die skakels sal via facebook en WhatsApp beskikbaar gestel word. Daar is geen materiaal vir Sondag 8 Augustus (langnaweek) nie, maar die persoon wat die boodskap gaan bring, sal spesiaal in die diens aan die kinders aandag gee. Ons is almal weer Sondag 22 Augustus bymekaar by die gemeentesentrum.

Aksie 55 sal ook eers weer oopmaak sodra ons eredienste oop is.

Inentings

Ons is dankbaar dat soveel persone al reeds die einenting ontvang het of ten minse die eerste een ontvang het. Ons wil steeds ‘n beroep op almal doen om wanneer die geleentheid kom, wel te registreer vir inentings teen Covid en dit te neem. Daar is soveel mense wat negatief daaroor praat. Dit is egter die enigste manier tans hoe ons hierdie virus gaan wen. Ek glo dat God die mediese wetenskap ook op hierdie manier gebruik in sy diens.  Enige persone wat wil praat oor die gevare van die inenting kan gerus met my kontak. Ek sal julle graag in verbinding bring met mediese persone wat vir jou ‘n stukkie gemoedsrus kan gee. Vir almal wat die inenting reeds ontvang het, onthou dat die virus nie onmiddelik jou immmuun maak teen Covid nie. Volg steeds die protokolle. Dit neem wel ook ‘n tyd voor die immuniteit verhoog. Die inenting keer nie dat jy (alle mense) die virus kry nie, maar help dat jy nie so siek word daarvan nie.

Finansies

Die Here is werklik goed vir ons gedurende hierdie tyd ten opsigte van finansies. Vir die boekjaar het ons tans ‘n effense tekort as gevolg van twee moeiliker maande. Ek wil vir elkeen van julle baie dankie sê dat jy steeds getrou jou finansiële bydrae gemaak het en dat jy al ons ekstra fondsinsamelingsprojekte so goed ondersteun het. Dit het beslis daartoe bygedra dat ons finansies positief lyk. Ek vra julle om dit asseblief so vol te hou. Die Algemene bestuur probeer regtig alles in hulle vermoë om uitgawes so laag as moontlik te hou en danksy dit kon ons regtig baie op ons begroting spaar. Moet asseblief ook nie ons koskas vergeet in hierdie tyd nie.

Slotwoord

Ons bid elke gesin en familie wat dood beleef het as gevolg van Covid die Here se troos en nabyheid in hierdie tyd toe. Ons gemeente wil julle graag geestelik ondersteun waar en soos ons kan. Ons bid ook vir almal wat tans die virus onder lede het. Mag julle die genesende hand van ons Here ervaar. Ons bid ook vir almal wat tans in die hospital is en hulle families. Ons bid vir genesing en mag julle krag en genade vind in hierdie magtelose tyd van isolasie. Bid vir almal op ons gebedslys. Mag die genade van God ons Vader en die liefde van Jesus Christus en die teenwoordigheid van die Heilige Gees by julle wees en bly.

Ds Johan Avenant

Namens die Visiebestuur

SAAMSTAAN TYDENS COVID-19 IN DIE RIETE

Saamstaan tydens Covid in Die Riete – 11 Junie 2021

Liewe broer en suster in die Here

Die Corona-virus is om ons

Die afgelope paar weke het ons intens beleef dat die Corona Virus sy tande diep inslaan in ons omgewing. Nie net is die land in die derde golf van infeksies nie, maar ons omgewing beleef regtig baie infeksies, hospitaalopnames en dood. Dit is egter kommerwekkend dat soveel mense steeds onverskillig optree in hierdie tyd. Ek doen ‘n beroep op julle almal om asseblief die nodige voorsorg te tref en ekstra paraat te wees wanneer julle julle huise verlaat. Groepbyeenkomste is maar die groot rede vir verspreiding en dit lyk of die virus tans die meeste versprei word deur mense wat geen simptome beleef nie. Tree dus in alle omstandighede op asof jyself die virus het en niemand wil laat aansteek nie en asof elke persoon rondom jou die virus het en jy nie wil aansteek nie. Nee, ek bedoel geensins dat jy net by die huis moet bly nie, maar dat jy jou masker sal dra, sal saniteer sover moontlik en veral nie jou masker sal afhaal of laat sak wanneer jy met mense kuier nie. Ons bid dat die Here sy hand oor ons almal sal hou.

Sluit van eredienste tydens die derde golf van Covid

In die lig van die groter getal infeksies in ons omgewing en die talle mense wat tans in isolasie is, gehospitaliseer word en in die lig van die talle sterftes het die Visiebestuur besluit om die eredienste en kategese in huis (by die gemeentesentrum) op te skort. Die oggenddiens sal wel op Sondae lewendig om 9:00 steeds op Facebook Live uitgesaai word (en later dus steeds beskikbaar wees op Facebook). Daar sal met die ouers van die juniorkategese gekommunikeer word presies wat hulle met hulle kinders kan doen vir kategese. Die aanddiens sal ook op een of ander digitale platvorm gedoen word. Die detail sal in die groepe gekommunikeer word.

Ons besef dat die load shedding kan inmeng met al hierdie reëlings, maar ons sal probeer om so duidelik moontlik te kommunikeer oor alternatiewe wanneer daar wel load shedding is. Ons vertrou dat jy steeds geestelik versterk sal word wanneer jy die dienste volg op facebook of later na die klankweergawe daarvan luister. Julle is welkom om julle insette en kommentaar oor die dienste per WhatsApp met my te kommunikeer, sodat ons kan verseker dat die inhoud en kwaliteit daarvan steeds van hoë gehalte sal wees.

Wanneer sal die dienste weer oopmaak?

Daar is op hierdie stadium geen spesifieke datum vir die heropening nie, maar ons sal poog om dit so gou as wat ons oordeel dit veilig is, weer oop te maak.

Inentings

Ons wil ‘n beroep op almal doen om wanneer die geleentheid kom, wel te registreer vir inentings teen Covid en dit te neem. Daar is soveel mense wat negatief daaroor praat. Dit is egter die enigste manier tans hoe ons hierdie virus gaan wen. Ek glo dat God die mediese wetenskap ook op hierdie manier gebruik in sy diens.  Enige persone wat wil praat oor die gevare van die inenting kan gerus met my kontak. Ek sal julle graag in verbinding bring met mediese persone wat vir jou ‘n stukkie gemoedsrus kan gee. Vir almal wat die inenting reeds ontvang het, onthou dat die virus nie onmiddelik jou immmuun maak teen Covid nie. Volg steeds die protokolle. Dit neem wel ook ‘n tyd voor die immuniteit verhoog. Die inenting keer nie dat jy (alle mense) die virus kry nie, maar help dat jy nie so siek word daarvan nie.

Finansies

Die Here is werklik goed vir ons gedurende hierdie tyd ten opsigte van finansies. Vir die boekjaar tot op datum breek ons net-net gelyk. Ek wil vir elkeen van julle baie dankie sê dat jy steeds getrou jou finansiële bydrae gemaak het en dat jy al ons ekstra fondsinsamelingsprojekte so goed ondersteun het. Dit het beslis daartoe bygedra dat ons finansies positief lyk. Ek vra julle om dit asseblief so vol te hou. Die Algemene bestuur probeer regtig alles in hulle vermoë om uitgawes so laag as moontlik te hou en danksy dit kon ons regtig baie op ons begroting spaar. Moet asseblief ook nie ons koskas vergeet in hierdie tyd nie.

Slotwoord

Ons bid elke gesin en familie wat dood beleef het as gevolg van Covid die Here se troos en nabyheid in hierdie tyd toe. Ons gemeente wil julle graag geestelik ondersteun waar en soos ons kan. Ons bid ook vir almal wat tans die virus onder lede het. Mag julle die genesende hand van ons Here ervaar. Ons bid ook vir almal wat tans in die hospital is en hulle families. Ons bid vir genesing en mag julle krag en genade vind in hierdie magtelose tyd van isolasie. Bid vir almal op ons gebedslys. Mag die genade van God ons Vader en die liefde van Jesus Christus en die teenwoordigheid van die Heilige Gees by julle wees en bly.

Ds Johan Avenant

Namens die Visiebestuur

Kommunikasie oor oopmaak van eredienste en kategese na tweede golf – Woensdag 3 Februarie 2021

Covid – Kommunikasie – 3 Februarie 2021

Liewe broer en suster in die Here

Ons vertrou dat dit met jou en jou gesin goed gaan. Mag hierdie jaar vir jou werklike lewenshoop bring te midde van al die uitdagings op jou pad. Mag jy veral die Here se teenwoordigheid ervaar. Mag jy ook in The Reeds-gemeente beleef dat jy geestelik groei en geïnspireer word deur die Woord. Mag jy ook iets beleef van die omgee van ons geloofsgemeenskap.

Carona-virus nie net daar ver nie

Ons is diep bewus van etlike mense in ons gemeente wat met die Carona-virus geïnfekteer was/is en ander wat familielede en of vriende aan die dood afgestaan het as gevolg van die virus. Ons het reeds en wil weer ons meelewing met julle betuig en bid dat die hand van die Here julle sal vashou en dra. Ons bid vir volkome genesing en heling en troos in hierdie moeilike tyd. Ons is ook bewus van wonderlike getuienisse van die sorg van die Here in hierdie tyd en sal graag van ander ook wil hoor en dit op platforms deel, sodat ons almal daardeur geïnspireer kan word.

Ondersteuning tydens die grendeltyd

Die span wil elke lidmaat oproep om asseblief ekstra versigtig te wees, aangesien die getalle wat geïnfekteer is met die virus steeds baie hoog is. Ons wil almal oproep om asseblief met ds. Johan of die kerkkantoor in verbinding te tree wanneer daar enige siekte, nood of enige behoefte is. Die impak van inperking is geweldig op ons almal. Ons wil egter nie sien dat ons lidmate (jy) op hulle (jou) eie swaarkry sonder dat ons daarvan bewus is, vir hulle  (jou) bid en help wanneer dit enigsins binne ons vermoë is of hulle (julle) by mense en plekke kry wat sal kan help.

Oopmaak van eredienste en kategese

Die Covid-taakspan het na die gesprek van Mnr. Ramaphosa koppe bymekaar gesit oor hoe ons gemeente gaan reageer op die jongste aankondiging. Die besluit word hieronder puntsgewys uiteen gesit:

  • Ons maak ons eredienste (oggend en aand) weer oop vanaf Sondag 14 Februarie. Die oggenddienste sal steeds om 8:30 begin en aanddienste om 18:00. Alle Covid-regulasies sal steeds streng toegepas word (almal moet maskers dra voor, gedurende en na die diens, almal moet saniteer en sal ge-“screen” word by die ingang, distansiëring moet steeds gehandhaaf word, ons groet nie met die hand of deur middel van ‘n drukkie nie, ens)
  • Aangesien slegs 50 persone toegelaat word by die diens, sal die diens steeds op Facebook Live uitgesaai word en gepoog word om so gou doenlik daarna ‘n klankgreep van die diens op facebook en deur WhatsApp beskikbaar te stel.
  • Vir beide die oggend- en aanddienste moet jy bespreek wanneer jy die diens wil bywoon.
  • Vir besprekings van die oggenddiens sal ons ‘n skakel na ‘n vorm aan elke lidmaat per WhatsApp en SMS (dit sal ook of facebook beskikbaar wees) aanstuur wat min of meer soos die bestelvorm van die Deurry-Basaar of Vrydag-verkope werk. Jy sal letterlik net jou naam telefoonnommer invul en merk dat jy daardie spesifieke Sondag se diens sal bywoon en dan “submit”. Wanneer jy op hierdie vorm ingaan en dit nie meer beskikbaar is nie, beteken dit die getal van 50 is vol.
  • Vir die aanddiens is geen besprekings tans nodig nie.
  • Die kinders en ouers van die Junior Kategese (voorskool tot graad 6) word gevra om asseblief eerskomende Sondag 7 Februarie om 9:30 (net na die lewendige uitsending van ons erediens op Facebook Live) in die lapa bymekaar te kom. Tydens hierdie geleentheid sal ds. Johan in kort die boodskap van die oggend bespreek en dan saam met ouers beplan hoe die kategese vir 2021 gaan verloop. Ons doen ‘n beroep op alle ouers om moeite te doen om hierdie byeenkoms by te woon. Covid-regulasies sal toegepas word vir hierdie byeenkoms.
  • Alle kinders en ouers van die senior kategese (graad 7- Graad 12 en jongvolwassenes) word gevra om asseblief Sondag 14 Februarie om 18:00 teenwoordig te wees. Ons gaan ons diens hou en dan saam praat/ beplan oor hoe 2021 se kategese en dienste gedoen gaan word.
  • Die Covid-span voel verder om almal op te roep om, wanneer jy of enige van jou gesin enige siekte simtome onder lede het, liewer tuis te bly en ons daarvan in kennis te stel dat ons julle kan ondersteun en steeds julle verbondenheid en meelewing kan ervaar.

Koskas

Ons doen verder ‘n beroep op almal om nie-bederfbare produkte te skenk vir ons koskas. Ons help op die oomblik ‘n paar gesinne met kos wat geen of ‘n klein inkomste verdien. Jy kan die kos Sondae saambring en onder in die kas waarin kollekte gegooi word sit. Indie jy is die week kos by die kerkkantoor wilk om aflaai is jy welkom.

Mag jy en jou gesin steeds die sorg van ons Here elke dag ervaar en mag dit jou inspireer om die uitdagings op jou pad met moed en hoop aan te pak.

Groete in Christus

Covid-taakspan NG Gemeente The Reeds

Kommunikasie tov oopmaak van oggenderedienste vanaf 4 Oktober 2020:

Covid-19 skrywe in sake heropening van ons oggenderedienste vanaf 4

Oktober 2020

Gesprek 5:

Saamstaan tydens Covid 19 in Die Riete (5) – 8 September 2020

Gesprek 4:

Saamstaan tydens Covid 19 in Die Riete (4) – 25 Augustus 2020

Gesprek 3:

Saamstaan tydens Covid 19 in Die Riete (3) – 11 Augustus 2020

Gesprek 2:

Saamstaan tydens Covid 19 in Die Riete (2) – 28 Julie 2020

Gesprek 1:

Gesprek 2: Saamstaan tydens Covid 19 in die Riete (1) – Zoom-gesprek met die Gemeente – 15 Julie 2020

KOMMUNIKSIE 4 – COVET-19 – 1 Junie 2020

Klik op die skakel hieronder  om die brief af te laai: 

Liewe broer en suster in die Here

COVET-19 KOMMUNIKASIE RAKENDE DIE HERVATTING VAN EREDIENSTE

Ons almal mis regtig die gemeenskap van gelowiges asook ons kerkfamilie. Daarom het die aankondiging van die president dat dienste mag hervat, seker vir ons ook opgewonde en dankbaar vir die moontlikheid gemaak. Nadat die Visiebestuur die saak deeglik oordink het en baie menings ingevorder het, het ons besluit om nie oorhaastig op te tree nie en aan te beveel dat ons nie op hierdie stadium ons eredienste of enige ander byeeenkomste by die kerkgebou sal hervat nie. Die virtuele eredienste sal dus steeds voortgaan en ons moedig lidmate aan om so gereeld moontlik dáárby in te skakel. Ons besef ook dat ons nie die eredienste se hervatting onbepaald kan uitstel nie, daarom is besluit om ’n taakspan saam te stel met hoofsaaklik twee fokusse: i.) Voorbereiding om toe te sien dat alle vereistes in plek is vir die hervatting van eredienste en ii.) Aanbeveling wanneer en hoe ons ons gemeente se eredienste gaan hervat. Die taakspan bestaan uit: Schalk de Klerk, Chris Joubert, Christa Fourie en Pieter van der Merwe. Ons vra voorbidding vir hierdie taakspan en vir ons gemeente gedurende hierdie tyd.

Hier is ‘n paar van die redes hoekom ons tot hierdie besluit gekom het:

  1. Dis onverantwoordelik.

– Die getalle van mense wat positief toets begin nou eers noemenswaardig groei. Daarby is Tshwane ‘n “hotspot” en is daar heelwat gevalle in ons omgewing (17 gevalle is tot en met afgelope Saterdag by ons plaaslike dokters aangemeld).

– Die meerderheid mense wat graag die dienste in die kerk wil bywoon, is juis bo 60 en daarom ekstra vatbaar vir die gevolge van die virus. Daar is geen verbod daarop dat mense bo 60 nie mag bywoon nie, hulle word net in die regering se riglyne aangemoedig om tuis te bly.

– Dit is nou winter. Ander siektes (soos verkoues en erger) gaan maak dat COVID-19 se effek op mense in die hoë kategorie-risiko nog groter gaan wees.

  1. Die regulasies is uiters moeilik om by te hou

– Ek het reeds vir almal die regulasies deurgestuur. Indien jy dit nog nie onder oë gehad het nie, gaan kyk op ons webblad of klik op die volgende skakel: http://www.ngthereeds.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Regulasies-vir-die-heropening-van-kerke-vir-enige-aktiwiteite-en-spesifiek-eredienste.docx

– Die vraag is hoe kies ons die 50 mense (dit is wat die reguasies bepaal) wat mag bywoon? Daardeur sluit ons sekere mense uit, wat juis teen die aard en karakter van ons gemeente is;

– Daar mag byvoorbeeld nie by enige byeenkoms gesing word nie. Slegs ’n solo sanger mag sing;

– Daar mag nie voor of na ’n erediens enigsins gesosialiseer word nie;

– Ander regulasies soos in die dokument aangedui, maak dit nog meer komplek;

– Die hof sal die voorsitter van die Kerkraad regsaanspreeklik hou vir enige regulasie wat nie nagekom word nie.

  1. Die gevolge as ‘n persoon wat die diens bygewoon het positief sou toets vir die virus

-Enige persoon met enige van die simtome van die virus moet gevra word om nie die byeenkoms by te woon nie;

– Die kans is groot dat iemand wat ‘n diens wil bywoon, van die simtome van die virus het of die virus self onder lede mag hê;

– Indien iemand positief toets vir die virus binne 14 dae na die erediens wat hulle bygewoon het, moet verdere stappe volg:

o die staat sal dan verdere dienste stopsit;

o alle persone wat die dienste bygewoon het wat in kontak met die persoon was, sowel as die wat met hulle kontak gehad het, moet in kwarantyn geplaas word.

  1. Die diens kan ‘n antiklimaks wees

– Die gemeenskap van die gelowiges, wat die groot ding is wat tans nie behoorlik realiseer nie, sal baie effens wees agv die regulasies en veiligheid. (Sosiale afstand, geen fisiese kontak, geen tee na die tyd, ens)

Alles is nie net negatief nie

Daar is wel ‘n groot geleentheid in hierdie omstandighede. Dit laat ons almal nuut dink oor kerkwees en op nuwe manière dink oor hoe om kreatief eredienste te hou in hierdie tyd. Leraars is ook as ’n “essential service” verklaar en dit maak dit weer moontlik om enige ondersteuning wat nodig mag wees, te bied. Daar word ook mense bereik, wat voorheen nie bereik kon word omdat hulle nie meer eredienste kan bywoon nie.

Ons vra jou voorbidding vir hierdie hele oopmaak proses. Ons vra ook jou ondersteuning en deelname soos nog nooit tevore om in hierdie moeilike tye hande te vat en saam te bou en werk in God se koninkryk. Ons wil julle as gesin sterk aanmoedig om daagliks rondom die Bybel stil te word en saam te bid. Riglyne in die verband is op ons webblad beskikbaar onder 3 Kruis Huiskonneksie.

Hiermee vertrou ons dat ons die gemeente se belange die heel beste op die hart dra. Tree asseblief met ons in verbinding indien daar enige nood of omstandighede is waarmee ons kan help.

Seën op jou pad

Johan Avenant

Namens Visiebestuur

Liewe broer en suster in die Here,

KOMMUNIKASIE 3 – OOPSTEL VAN KERLIKE BYEENKOMSTE IN FASE 3 VAN DIE LOCKDOWN

Regulasies vir die heropening van kerke vir enige aktiwiteite en spesifiek eredienste

COVID-19 kommunikasie:
Liewe broer en suster. Julle sou in die nuus gehoor het dat die staatspresident Dinsdag 'n oproep gedoen het, dat ons Sondag 31 Mei 'n biddag sal hou vir die hele COVID-19 pandemie en die gevolge wat dit teweeg bring en dat hy afgekondig het dat alle godsdiensorganisasies vanaf 1 Junie weer saam kan aanbid, mits hulle byeenkomste nie 50 oorskry nie en mits hulle hou by die reëlings wat in die wet uiteengesit gaan word. Wel die maatreëls is nou gepubliseer en nou kan kerke hiervolgens hulle besluite neem.
Die saak is baie meer kompleks as om maar net aan te gaan soos voorheen. Die Visiebestuur van ons gemeente vergader Maandag om te besluit hoe hierdie aankondiging ons gaan raak. Ek vra jou voorbidding daarvoor. Ek vra egter dat julle ons sal help in ons besluit. Hoe oordeel jy oor die aankondiging? Wat is jou behoefte en verwagting? Hoe stel jy voor moet ons besluit? Ek heg hierby ‘n skakel na my opsomming en vertaling van amptelike riglyne deur die staat afgekondig, wat op ons webblad geplaas is. Kyk asseblief daarna en laat weet ons asseblief hoe jy oordeel ons verantwoordelik moet besluit. Klik op die skakel hierbo (voor hierdie brief)om dit te lees. Ons hoor graag van jou in hierdie verband.

Oor die biddag sal ons in ons virtuele erediens Sondag 31 Mei daaraan aandag skenk. Jy kan ook die TEAMS applikasie op jou selfoon aflaai, wat as platvorm gebruik gaan word om soveel moontlik mense te betrek by deelname aan hierdie biddag.
Mag jou dag en naweek geseënd wees. 

Groete, Namens die Visiebestuur. 
Ds. Johan Avenant

KOMMUNIKASIE 2 – STAAT VAN INPERKING (LOCKDOWN)

Soos u deeglik bewus is, het die president Mnr. Cyril Ramaphosa ‘n noodtoestand op 15 Maart afkondiging om te keer dat die Coronavirus vining versprei. Op Maandag 23 Maart is verdere maatreëls aangekondig toe ‘n staat van totale inperking (lockdown) afgekondig is vanaf Donderdag 26 Maart om 12:00 middernag tot en met 16 April 2020. Om hierdie rede die volgende inligting (Die brief is lank, maar ek vra dat jy dit tot die einde sal lees):

STAAT VAN INPERKING


Kom ons bid vir ons president

Hier is ‘n eenvoudige manier om te verstaan wat ‘n staat van inperking presies is en hoe dit ons raak:

  1. Wat is ’n staat van inperking?
  2. Wat is die doel van ’n staat van inperking?

3. Moet ons voorraad aanvul?       4. Wie sal steeds by hulle werke wees?

 

  1. Wat as daar ’n noodgeval is? 6. Kan jy na jou werk toe gaan?

   

  1. Wat sal ek wel kan doen?

PRAKTIESE IMPLIKASIE VAN STAAT VAN INPERKING:

Klik op skakel om presies te sien wat die implikasies van die staat van inperking presies behels: Final lockdown regulations.pdf

DIT GAAN ONS ALMAL ONTWRIG – IMPLIKASIE VIR NG THE REEDS?

Hierdie maatreëls gaan ons almal ontwrig, maar ons wil ’n beroep op almal doen om asseblief baie streng daaraan gehoor te gee, aangesien dit nie net sal help om die verspreiding van die virus te beperk nie, maar veral die land sal help om infrastruktuur (Hospitale, mediese sorg, bronne en dokters) beskikbaar te hê om die gevolge van hierdie pandemie op die langer termyn te versag.

Dit bring mee dat ons alle eredienste en ander byeenkomste in die gemeente opskort tot ná 16 April 2020. Die kerkkantoor sal gesluit wees gedurende hierdie tyd. Vir enige nood en dringende behoeftes, kan julle ds. Johan (012- 661 9048 of 072 287 4045), Prof. Gert (082 821 7387),  Schalk de Klerk (079 505 8585), Chris Joubert (082 464 3692) of Danie du Toit (081 317 2932) skakel.

Jy kan elke Sondag om 9:00 op facebook (live) na ’n kort boodskap luister. Ons gaan ook poog om elke dag ’n bemoedigende gedagte uit die Bybel op die Facebook-blad (n.g.the reeds of die kort skakel: https://www.facebook.com/groups/25430334725/?ref=bookmarks) te deel. Jy kan ook op ons gemeente webblad (www.ngthereeds.co.za) hulpmiddels kry vir kreatiewe aktiwiteite vir kinders of die skakel vanaf die facebook-blad volg. Ons is ook besig om alle lidmate, van wie ons selfoonnommers het, in whatsapp groepe te deel en doen ’n beroep op julle almal om daarmee behulpsaam te wees (sien jy kans om ’n administrator te wees? Kontak ds. Johan of Anneke vandag of môre) om sodoende kommunikasie daagliks te verhoog. Vir persone wat belangstel om op ’n visuele manier kontak te maak met ander gedurende hierdie tyd, vra ek dat jy solank Zoom Cloud aflaai vanaf Play Store. Ons sal tye en geleenthede op facebook of in whatsapp groepe kommunikeer.  

Gebruik hierdie tyd: Ons wil julle almal aanmoedig om hierdie tyd te gebruik om julle gesinsverhoudings te versterk en om tyd te maak om weer met die Here te “connect’. Gebruik die “Faith Five”– riglyn op ons webblad om gesprekke om julle etenstafel in plek te kry en te begelei.

Om te keer dat angs en depressie ons oorval in hierdie tyd is dit baie belangrik om nie ongedissiplineerd te leef nie. 1. Dit beteken prakties dat julle elke oggend opstaan, 2.  julle dag beplan (vaste roetine) en 3. seker maak dat julle as gesin genoeg tyd en ruimte skep vir kommunikasie. 4. Beplan iets kreatiefs (Rekreasie) wat genoegdoening verskaf. 5. Fisiese oefening is nou net so belangrik om te ontlaai en serotonien vry te stel. 6. Maak met ten minste een persoon per dag kontak of dit dmv ‘n oproep is of deur sosiale media. 7. Fokus op opbouende dinge. 8. Lees die Bybel vir jouself en om jou verhouding met God te versterk. oenie dit as strafboek lees en vir ander allerande boodskappies aanstuur wat jy glo hulle nodig sal hê nie, veral nie dmv die sosiale media nie.   

Ek sluit hieronder spesifieke riglyne in vir gesinne met kinders. Dit geld natuurlik ook vir almal.

RIGLYNE VIR OUERS

LAASTE WOORD: ’n Tyd van algehele inperking moet ons nie geïsoleerd laat voel nie, maar in solidariteit (meelewing) één laat voel…

Ons wil ’n beroep doen op al ons lidmate om steeds die gebruik van ’n weeklikste dankoffer in die kollektebordjie op ‘n Sondag te handhaaf, deur ‘n geldjie by ons gemeenterekening in te betaal. Ons vra ook dat lidmate wat nie ’n debietorder het of die gebruik het om elektronies hulle maandelikse dankoffer oor te betaal nie, dit asseblief sal oorweeg. Die uitgawes van die gemeente moet steeds betaal word. Daar is 2 opsies beskikbaar vir jou betalings: Zapper en EFT. Jy kan ‘n eenmalige- weeklikse- of maandelikse bedrag oorbetaal wat duidelik gemerk moet word, bv “voorletters en van* – kollekte” of “dankoffer”. Die gemeente se bankbesonderhede is soos volg: NG Gemeente The Reeds, ABSA Centurion; Elektroniese takkode: 630445; Rekeningnommer: 2890590406.

Kom ons ondersteun mekaar, bid vir mekaar en dra mekaar op aan die Here in die uitdagende tyd. Kom ons bid en werk met liefde saam om steeds gemeente van die Here Jesus in The Reeds te wees te midde van die uitdaging.

Mag die genade van ons Here, Jesus Christus en die liefde van God ons Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees met jou wees en bly!

Ds. Johan Avenant                                                                                                  Namens die Visiebestuur

KOMMUNIKASIE OOR NOODTOESTAND AGV COVID-19 (CORONAVIRUS)

Liewe broer en suster in die Here,

KOMMUNIKASIE OOR NOODTOESTAND AGV COVID-19 (Coronavirus)

Ons beleef tans buitengewone tye met die uitbreek en verspreiding van Covid-19 (agv Coronavirus) wat vir buitengewone maatreëls vra. Op 5 Maart 2020 is bekendgemaak dat die eerste persoon in Suid-Afrika positief getoets het vir COVID-19. Dis nou nog nie twee weke later nie en die situasie het reeds drasties verander, gevolgik het president Cyril Ramaphosa ‘n noodtoestand op 15 Maart afkondiging.

Ons moet rekening hou daarmee dat hierdie virus nie oornag gaan verdwyn nie. ’n Paar maande se ontwrigting lê voor, selfs met die beste maatreëls wat ook by ons landwyd getref word.

NASIONALE RAMPTOESTAND

Hier is ‘n opsomming van die belangrikste reëlings wat die regering afgekondig het:

  1. ’n Nasionale ramptoestand word afgekondig ingevolge die rampbestuurswet.
  2. Reisbeperkings geld na hoërisikolande vanaf 18 Maart 2020.
  3. Suid-Afrikaners word aangeraai om nie na hoërisikolande te reis nie.
  4. Byeenkomste van meer as honderd mense word verbied.
  5. Groot byeenkomste en feesvierings word gekanselleer.
  6. Die skole is gesluit van Woensdag 18 Maart tot ná die Paasnaweek.
  7. Noue samewerking met universiteite, kolleges ensovoorts om higiëne en ander toepaslike maatreëls in te stel. (Talle universiteite het reeds begin om klasse op te skort en koshuise te sluit)
  8. Maatskappye word gevra om maatreëls in te stel om higiënebeheer te verbeter.
  9. Waarneming- en toetsstelsels word by hospitale versterk.
  10. Samewerking met die private sektor om ’n stelsel te ontwikkel waarmee diegene wat deur die virus besmet is, nagespeur en gemonitor kan word.
  11. ’n Beroep op almal om persoonlik te let op higiëne en mekaar met die elmboog te groet.
  12. Staatspakkette om die ekonomiese impak van die virus te beperk.
  13. Die sameroep van ’n nasionale opdraggewende raad onder voorsitterskap van die president wat drie keer per week bymekaar sal kom. (Netwerk 24)

WAT MAAK COVID-19 (Coronavirus) SO GEVAARLIK?

  • Dit is hoogs aansteeklik;
  • Dit kan op verskeie manière oorgedra word. Ahoewel dit hoofsaaklik deur druppelbesmetting aansteek, is daar ook ander maniere soos kontakbesmetting;
  • Dit bly vir baie lank ‘aktief’/ ‘lewend’ (tot drie ure in die lug). Die virus kan op sekere stowwe soos plastiek tot drie dae aktief/lewend bly;
  • Dit is langer ‘aktief’/’lewend’ in koue en humiede toestande;
  • Soos ander virusse is dit lewensbedreigend vir kwesbare persone

HOE RAAK DIT NG GEMEENTE THE REEDS?

Terwyl ons voor hierdie uitdagings staan, wil ons ons gemeente oproep om, in volle vertroue op die Here, nie toe te laat dat ons deel word van die paniekerige optrede nie, maar om tog nie onverantwoordelik op te tree nie.

Martin Luther het in ’n tyd toe die wêreld getref is met ’n “plaag” en wat beskryf is as “die swart dood”, toe byna 60% van Europa se bevolking uitgewis is, die volgende gesê: “I shall ask God mercifully to protect us. Then I shall fumigate, help purify the air, administer medicine and take it. I shall avoid places and persons where my presence is not needed in order not to become contaminated and thus perchance inflict and pollute others and so cause their death as a result of my negligence. If God should wish to take me, he will surely find me and I have done what he has expected of me and so I am not responsible for either my own death or the death of others. If my neighbor needs me however I shall not avoid place or person but will go freely as stated above. See this is such a God-fearing faith because it is neither brash nor foolhardy and does not tempt God.”

Die dagbestuur het besluit dat ons in die lig van al die bogenoemde inligting, wel sal aangaan met ons eredienste tot tyd en wyl, aangesien dit nou vakansie is en ons gewoonlik nie meer as 100 persone by so ’n diens is nie. Ons gaan wel voorsorg tref en maatreëls tref om almal binne die diens veilig te hou. Indien jy griepsimtome het, vra ons dat jy met verantwoordelikheid sal optree soos hieronder beskryf. Ons sal julle op hoogte hou indien iets verander van hierdie reëling.

BASIESE RIGLYNE

Hier is ‘n paar verdere basiese riglyne vir gemeentelede.

As geloofsgemeenskap het ons ‘n spesiale roeping om ons mede-gemeentelede te versorg en die gemeenskap te ondersteun in hierdie tyd.

  • Moenie valse gerugte versprei en op hol raak oor die virus nie.
  • Sorg dat jy ingelig is.
  • Moet jou nie ontstel nie. Woon en werk rustig voort, vertrou die Here en doen wat jy kan doen (Ps 37).
  • Goeie higiëne help baie om die verspreiding van die virus te beperk, maar ook om verkoues en griep, te voorkom.
  • Was gereeld jou hande met seep en water vir ten minste 20 sekondes.
  • Nies of hoes in die hoek van jou elmboog of sneesdoekie, nie in jou hand nie.
  • Was onmiddellik jou hande nadat jy gehoes, genies of neus geblaas het.
  • Moenie aan jou gesig, veral jou mond, neus en oë, raak met ongewaste hande nie.
  • Ontsmet oppervlaktes wat gereeld deur verskillende mense aangeraak word, insluitend sleutelborde, tafelblaaie, hysbakknoppies en deurknoppe.
  • Gebruik ‘n handontsmetingsmiddel.
  • Vermy noue kontak met iemand wat siek is.
  • Voel vry om in plaas van mekaar te omhels, of hand te skud, met jou kop te knik of met jou hand op jou hart te buig. Die “elmboogskud” laat ‘n mens nog te naby aan mekaar kom.
  • Voordat jy iemand omhels, vra eers toestemming uit respek vir mekaar Vermy dit dalk vir ty den wyl).
  • Probeer om genoeg spasie te hou tussen jouself en ander mense, ten minste 2 meter.
  • Indien jy onderliggende gesondheidsprobleme het, of bo 60 jaar oud is, oorweeg om eerder nie risiko’s te loop om ‘n infeksie op te doen nie. Bly dan eerder tuis.
  • Die koronavirus (COVID-19) is ‘n respiratoriese siekte wat griepagtige simptome veroorsaak, insluitend koors, braking, seer keel en asemhalingsprobleme. As jy een van hierdie simptome het, bly asb tuis.
  • Moenie reis terwyl jy siek is nie.
  • Vermy kontak met ander as jy siek is en sonder jou dan af.
  • Kry mediese hulp wanneer jy siek is. Bel vooraf, voordat jy na ‘n dokter of ‘n noodgevalle eenheid gaan. Vertel hulle van enige onlangse reise en jou simptome.
  • Laat weet asb as ons as gemeente jou kan bystaan. Jy kan vir Wina en Anneke by die kerkkantoor bel (0126571296) of e-pos (ngthereeds@mweb.co.za) of vir ds. Johan bel (072 287 4045) of e-pos (jcaven@netactive.co.za).

Kom ons bid en werk met liefde saam om steeds gemeente van die Here Jesus in The Reeds te wees te midde van die uitdaging. Gebruik die situasie om jou buurmense te leer ken en gereeld te hoor of jy met iets kan help. Dink veral aan mense wat ouer is en meer hulp sal benodig.

Mag die genade van ons Here, Jesus Christus en die liefde van God ons Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees met jou wees en bly!

Johan Avenant

Namens die Visiebestuur