Jy kan die inligtingsbrief hieronder lees of aflaai, deur op die volgende skakel te klik: Inligtingsbrief-21-23 April 2023

Badseloop Retreat 21-23 April 2023

Inligtingsbrief

Liewe broer/suster/jongmens in die Here

Julle/jy het aangedui dat julle graag op die retreat wil gaan. Dit sal beslis een van die mees vormendste naweke van jou/ julle lewens wees. Bid nou reeds dat God julle sal voorberei vir die naweek. Laat weet onmiddellik as jy wil saamgaan, dat ons jou naam op die lys kan sit.

Die retreat is ’n naweek waar ons gaan leer hoe om stil te word en te lewe voor God, om myself en my lewenspad voor God te vind, hoe om in gemeenskap met ander voor God te lewe, hoe om in die wêreld my roeping uit te lewe en hoe om ’n Gereformeerde spiritualiteit in die praktyk te beoefen. Kostes beloop R 600 p.p of R 1 000 per paar. Hierdie kamp hou ons klein en daarom neem ons gewoonlik nie meer as 20 persone per kamp saam nie.

Net die volgende reëlings:

  • Vertrek vanaf gemeentesentrum (The Reeds) 14:00 op Vrydag 21 April  2023. Ons tref ander reëlings as jy nie naby bly nie (Ons sal die vertrek nader aan tyd vasmaak) of indien jy nie saam met die groep Vrydag kan ry nie.
  • Vertrek vanaf  kampterrein om 12:00 op Maandag 23 April 2022
  • Padaanwysings na Badseloop net duskant Mookgopong (Naboomspruit) is ook hierby aangeheg. ’n Geskrewe roeteaanwysing volg aan die einde van hierdie dokument.

Wat moet jy saambring:

  • Jou eie beddegoed. Jy kry ’n bed met ’n matras. Daar is in enkele kamers wel ’n onderlaken, ligte duvet en kussing.
  • Toiletbenodigdhede insluitend handoeke.
  • Gemaklike klere vir die bosveld en ’n hoed en warm ding vir die oggende en aande.
  • Eetgerei – (Borde, mes, vurk, lepel, beker, pap/poeding bakkie, vadoek vir afdroog)
  • Geen alkoholiese drank nie asseblief.
  • Moontlik ’n flitslig
  • Geen radio’s, werk of ander boeke as die Bybel en ’n aantekeningboek nie.
  • Muskietsmeermiddels of afweermiddels
  • Swemklere en sonbrandroom
  • Gemaklike stapskoene
  • Daar sal genoeg te ete en drinke wees.
  • ’n Leerbare gees.

Op die terrein is daar op enkele plekke selfoonontvangs, maar dit is nie goed nie. Indien jy saam met iemand wil ry is jy/julle baie welkom. Kontak ons asseblief net daaroor. Vir enige navrae kontak ons gerus 012 6619048 of 072 287 4045 of 082 890 9177.

Groete Johan en Harriet Avenant

 

 

 

 

Roeteaanwysings:

Neem die N1 snelweg in ’n Noordelike rigting tot by die Kranskop tolplaza (Jy ry deur drie tolhekke – die derde is Kranskop). Van hier kan jy een van twee roetes kies. Deur Modimole (Nylstroom) of via Mookgopong (Naboomspruit). Die verskil is die tweede roete is effens korter en vinniger, maar die tolgeld is aansienlik durder.

Opsie 1:

 

  • Neem die Modimole roete, dws jy gaan by die heel linkerkantste tolhek deur.
  • Draai links na Modimole. Jy ry ongeveer (ek raai) 8-10 km tot by die dorp (Hou by die spoedgrens, oral is versteekte verkeersmanne gewoonlik op diens). Ry tot by vierrigting robot by die R 101 en
  • draai regs op die R 101 in ’n Noordelike rigting. Die borde sal aandui Mookgopong (indien jy reguit sou aanry, ry jy die pad na Weesgerus vakansieoord). Ry deur die dorp. Buite die dorp kronkel die pad deur die landelike streek seker vir so ongeveer 14,6 km vanaf die laaste stopstraat in die dorp, tot by die pad wat links draai na Mookgopong .
  • Draai links, voordat jy die snelweg kry, kry jy dié pad, dis nogal maklik om die pad mis te kyk. (R 101 of Mookgopong Alternatiewe roete).Hou ongeveer (ek raai) 10 km op die pad aan verby die Boekenhout stasie afdraaipad.
  • Jy sal ’n kleinerige bruin nasionale padbord kry (Mens mis dit maklik want dit is klein) waarop staan Badseloop. Draai links by die hek op ‘n grondpad in (As jy die bord kry wat sê Naboom/ Mookgopong 10 km of die bord en bruggie by Badseloopspruit, is jy verby die kampterrein.)
  • Hou aan met die grondpad vir ongeveer 2-3 km. Volg die bordjies na Badseloop Jeugterrein (nie echo kamp) tot by die terrein. Ons kamp op Warmbron, dus as die pad split binne die kampterrein, hou net links (Jy ry dus om die swembad).

Opsie 2:

 

  • Gaan deur enige van die hekke van die tolpad behalwe die linkerkantste twee. Volg die N1 vir ongeveer (ek raai) 25 – 40 km.
  • Neem die Mookgopong afrit. Jy ry ongeveer 2 km met die pad aan.
  • Draai links op die Modimole R101 pad. Jy ry nou in ’n Suidelike rigting vir ongeveer (ek raai)  7 km.
  • Jy sal ’n kleinerige bruin nasionale padbord kry (Mens mis dit maklik) waarop staan Badseloop.Draai regs by die hek op ‘n grondpad in (As jy die bord kry wat sê Boekenhout ek dink stasie, dan is jy verby)
  • Hou aan met die grondpad vir ongeveer 2-3 km. Volg die bordjies na Badseloop tot by die terrein. Ons kamp op Warmbron, dus as die pad split binne die kampterrein, hou net links (Jy ry dus om die swembad).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *