Die Visiebestuur van die NG Gemeente The Reeds het op sy vergadering van Dinsdag 7 September 2021 die volgende verklaring uitgereik:
VERKLARING INSAKE BEGRAFNISDIENS OP 21 AUGUSTUS 2021 VANUIT DIE GEBOU VAN NG GEMEENTE THE REEDS
Op Saterdag 21 Augustus is die begrafnis van die vermoorde Eunice Moloko, personeellid van die Leeukop gevangenisdiens, uit die gebou van NG gemeente The Reeds gehou. Die diens het deel uitgemaak van ‘n semi-militêre begrafnis. Die diens is bygewoon deur die personeel van Leeukop gevangenis, top personeel van die gevangenisdiens asook die minister van justisie en korrektiewe dienste, minister Ronald Lamola. Volgens berigte sou die staatspresident ook die diens bywoon, maar kon weens ander verpligtinge dit toe nie doen nie.
Verskeie klagtes oor die begrafnisdiens is ontvang wat ondermeer insluit dat die Covid-regulasies nie nagekom is nie (verskeie mense op die terrein het nie maskers gedra nie; daar was baie meer as 50 persone wat die begrafnisdiens bygewoon het en daar is wel eetgoed op die terrein aangebied na die diens) en dat verskeie mense met drank in die straat rondgeloop het.
Ons betreur die feit dat die Covid-regulasies nie nagekom is nie en dat die begrafnisgangers se optrede ‘n negatiewe invloed op die gemeenskap gehad het en op die beeld van die gemeente.
Die diens is nie deur die NG Gemeente The Reeds of URCSA-Centurion gehou nie. Die betrokke leraar wat die diens gelei het (leraar van URCSA), het ons gemeente genader, aangesien die oorledene en haar familie in ons gemeenskap woonagtig is. Die sentrum is van ons gehuur en die normale huurkontrak is onderteken, wat bepaal dat die verantwoordelike persoon, verantwoordelikheid neem vir al die kontraktuele bepalings. Daar is ook pertinent aan die persoon gekommunikeer dat hulle verantwoordelik is vir die toepassing van die Covid-regulasies.
Die feit dat hierdie regulasies nie stiptelik nagekom is nie en die Covid-protokol nie deurentyd gehandhaaf is nie, het die Visiebestuur tot die besluit gebring om ons kontrak te hersien en om alles in ons vermoë te doen dat ‘n soortgelyke voorvalle nie weer in die toekoms sal gebeur nie.
Die Visiebestuur wil egter ook lidmate oproep om met begrip en groter tolleransie te reageer op die rou- en begrafnisgebruike van ander kulture. Ons wil juis met oop harte teenoor die gemeenskap optree in hierdie verband. Natuurlik sal ons graag wil toesien dat dit binne billike perkte gedoen sal word.
Schalk de Klerk
Voorsitter: Visiebestuur NG The Reeds
INLIGTING OOR PEPUDA WETGEWING
PEPUDA-wetgewing
Kommer oor nuwe wysigingswetsontwerp op gelykheid en diskriminasie
Kommer word wyd in godsdienskringe uitgespreek oor die konsep-wysigingswet oor gelykheid en ongeregverdigde diskriminasie Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act (Pepuda), wat tans deur die departement van justisie vir kommentaar gepubliseer is, berig Grens.Pos, die nuusblad van die NG Kerk in Oos-Kaapland op 11 Junie. Die berig lui: Die vraag is of nuwe, uitgebreide definisies vir gelykheid en diskriminasie nie godsdiensvryheid en die wyse waarop geloofsgemeenskappe georganiseer word, radikaal ondermyn nie. |
Die geloofsoortuigings van kerke en godsdiensgroepe sluit per definisie beide in en uit. Nie almal kan lid van enige kerk word nie, want jy deel nie die oortuigings daarvan nie. Gelykheid word nou so breed gedefinieer dat dit as ‘n aantasting van jou gelykheid gesien word as jy uitgesluit word. |
Die konsep-wetgewing brei ook die definisie van diskriminasie uit deurdat intensie of bedoeling nie langer deel daarvan is nie. Adv Nadene Badenhorst skryf bv op FOR SA, wat hulle vir godsdiensvryheid beywer, se webblad: ‘The net effect is that the definition of “discrimination” becomes increasingly subjective – i.e. if the person who alleges discrimination says they feel prejudiced, or that their feelings have been hurt, then that is enough to establish discrimination. The fact that the person, church or religious institution against whom the complaint is made, had no intention whatsoever to discriminate against the person (in their speech or action), and did not treat them differently because of their sex, gender, sexual orientation, religion or for whatever reason they allege, makes absolutely no difference. In fact, the Amendment Bill specifically says that intention is completely irrelevant.’ Lees gerus Badenhorst se volledige bydrae. Klik hier FW de Klerk Foundation – 2021 PEPUDA Amendment Bill – YouTubeom te kyk na ‘n gesprek oor die onderwerp wat die FW de Klerkstigting met adv Mark Oppenheimer, ‘n regskenner, gevoer het. – Bron: Grens.Pos |
Hier is ‘n tweede berig:
PEPUDA-WETGEWING
PEPUDA is die akroniem vir “PROPMOTION OF EQUALITY AND PREVENTION OF UNFAIR DISCRIMINATION AMENDMENT ACT BILL 2021. (Click op die naam van wet indien jy die wet wil lees) Hierdie wet is ‘n wet wat reeds vanaf 2000 poog om gelykheid te bevorder en onbillike diskriminasie te verhinder.
As kerk is dit deel van ons getuienis van die evangelie van die Koninkryk van God om te sê dat ons gelykheid wil bevorder en onbillike diskriminasie wil verhinder. MAAR hierdie wet skep vir ons wesenlike probleme.
Die wet het die potensiaal om ten minste die volgende negatiewe uitwerking op ‘n gesonde gemeenskap in Suid Afrika te hê:
- Die demokratiese bestel in Suid Afrika word deur hierdie wetgewing bedreig.
- Artikel 15 van die Grondwet wat handel oor “Vryheid van Uitdrukking” word op so ‘n manier aan bande gelê dat van ons diepste geloofsoortuigings dalk as haatspraak gesien sou kon word.
- Die regering sal nou “codes of practice” kan opstel wat aan nie-regerings organisasies, soos bv. kerke; maatskaplike dienste; gemeenskapsorganisasies; ens. kan dwing om aan sekere vereistes te voldoen.
- Die hele basiese demokratiese beginsel van vryheid van assosiasie, word intens bedreig deur hierdie wetgewing
Die dagbestuur van die Algemene Taakspan Regte (ATR) van die NG Kerk het verlede vergader om die aangeleentheid te bespreek en aanbevelings aan die dagbestuur van die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) van die NG Kerk te maak.
Deel van die aanbeveling aan die ASM is dat die NG Kerk deur ons Algemene Sekretaris (Dr. Gustav Claasen) amptelik beswaar moet maak by die regering en die Departement van Justisie oor die wetgewing en dat die probleme wat die NG Kerk voorsien duidelik uitgespel moet word. Dr. Claasen het reeds op 15 Junie ‘n verklaring in hierdie verband uitgereik. Daar het ook op 15 Junie ‘n BERIG IN KERKBODE (Click hier om na die Kerkbode artikel te gaan) hieroor verskyn waar dr. Claasen se verklaring volledig aangehaal word.
Hoe moet ons reageer?
Eerstens dink ek ons moet ons amptelike kanale, dr. Gustav Claasen as Algemene Sekretaris van die NG Kerk, toelaat en vertrou om met die hulp van kundiges namens die NG Kerk beswaar aan te teken.
Tweedens staan dit gemeentes en individue ook vry om beswaar te maak. Petisies gaan waarskynlik nie die ideale manier wees nie, omdat dit dikwels as een beswaar gereken word. Enige iemand kan egter ook die vorm voltooi en aan fbhayat@justice.gov.za epos.INDIVIDUELE-BESWAAR-PEPUDA-WETGEWINGLaai af
Gemeentes of organisasies kan die onderstaande vorm voltooi indien hulle beswaar wil maak.GEMEENTE-OF-ORGANISASIE-BESWAARLaai af