Skaap-spitbraai – Sa. 5 Maart 2022

NG THE REEDS nooi jou om deel te wees van ‘n heerlike geleentheid om bietjie saam te kuier en
die vriendskapsbande weer ‘n hupstoot te gee. Natuurlik met die nodige Covid maatreëls.

Op 5 Maart 2022 hou ons ‘n heerlike skaapbraai wat vroegmiddag reeds begin met ‘n koffie & koek-kuier vanaf 15:00 in ons opelug Café terwyl die skapie op die spit draai.

Die ete sal teen 18:00 gereed wees vir opskep en eet. Alle eetgerei sal voorsien word.

Prys per ete is R100 per persoon en sluit die volgende in:

Porsie skaapvleis, 2 van 3 slaaie (kool-wortelslaai, beetslaai & mengelslaai), keuse tussen pap & sous of
broodrolletjie.

Klik op die volgende skakel om jou bestelling te plaas: https://forms.gle/7kiLovTViD11dMv37

Dit is uiters belangrik dat ons asb jou bestelling voor of teen 25 Februarie ontvang vir die aankoop
van produkte asook die bestel van skaap & spitbraai.

Bring asb jou “coolbox”, kampstoele, piekniekkombers & kazebo saam. Indien die weer ons nie
toelaat vir buite kuier nie sal ons voortgaan binne in die saal vir ete & koffie kuier Café sal in Lapa
wees.

Ons is so opgewonde oor die geleentheid wat ons het om julle te bedien en julle ons kan bederf met
julle teenwoordigheid.

Sacharia straat 42, The Reeds

Groete die Projekspan