Visie
Die Visie van ons gemeente is:
The Reeds voluit met Christus op pad, sodat God kan red en herstel.
Wat sien ons as ons taak en roeping
Om as gehoorsame instrumente in God se hand al die mense van The Reeds te begelei
in ’n lewende verhouding met Jesus Christus en om – waar ons ook al is – te leef as ten volle toegewyde gelowiges/dissipels,
wat daagliks op ons knieë in afhanklikheid van God groei
na bo (aanbidding en gehoorsaamheid
na binne (omgee en gawebediening)
na buite (uitreik dmv diens- en noodgedrewe evangelisasie),
sodat God daardeur verheerlik kan word.