{"id":6607,"date":"2023-11-08T09:15:22","date_gmt":"2023-11-08T07:15:22","guid":{"rendered":"http:\/\/www.ngthereeds.co.za\/?page_id=6607"},"modified":"2026-09-23T10:51:13","modified_gmt":"2026-09-23T08:51:13","slug":"jeugkamp-2023","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/?page_id=6607","title":{"rendered":"Gesinskamp 4-6 Desemer 2026"},"content":{"rendered":"\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\"><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-2 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\"><\/figure>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-file\"><a id=\"wp-block-file--media-9a37ffbf-b2d2-471b-aef7-8cc255d2aedf\" href=\"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Inligtingsbrief-JEUG-en-Gesinskamp-by-Badseloop-4-6-Desember-2026-5.docx\">Inligtingsbrief &#8211; JEUG en Gesinskamp by Badseloop &#8211; 4-6 Desember 2026<\/a><a href=\"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Inligtingsbrief-JEUG-en-Gesinskamp-by-Badseloop-4-6-Desember-2026-5.docx\" class=\"wp-block-file__button wp-element-button\" download aria-describedby=\"wp-block-file--media-9a37ffbf-b2d2-471b-aef7-8cc255d2aedf\">Download<\/a><\/div>\n\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Inligtingsbrief<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Jeug- en Gesinskamp<\/strong>                                                                                                                         <strong>Badseloop naby Naboomspru<\/strong>it                                                                                                                    <strong>4-6 Desember 2024<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ek nooi jou uit om saam met ons te gaan kamp by Badseloop die naweek van 4-6 Desember 2026.Hierdie is nie \u2018n tradisionele kerk- of skoolkamp nie!!!!! Ons het baie pret, leer mekaar goed ken en stap weg as vriende. Die kamp is vir alle kinders, tieners, jongvolwassenes en hul ouers.<\/p>\n\n\n\n<p>Die re\u00eblings is as volg:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Vrydag 4 Desember ry ons om 14:30 by die gemeentesentrum (die wat kan, kan vroe\u00ebr ry) en ons sal Sondag 6 Desember nie later as 15:00 terug wees by die sentrum. (Ons nooi ouers om saam te gaan kamp en so ook te help met Vervoer). Die plek is ongeveer 200 km se ry van ons af).<\/li>\n\n\n\n<li>Koste beloop R 800-00 per persoon, R 1500 per paar, Gesinne van 3 &#8211; R 2 200 en Gesinne van 4+ &#8211; R 2 500. Daar is ook plek vir karavane\/tente. Die kostes vir Gesinne van 3 is &#8211; R 1 800 en gesinne van 4+ is &#8211; R 2 000. Laat weet as die geld \u2018n probleem is, ek re\u00ebl vir borge. Die kampkostes sluit alle etes en drinkgoed in. Ons vra net elke persoon\/ gesin om \u2018n vleisie saam te bring wat ons Saterdagaand gaan braai.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy kan die volle bedrag of \u2019n deposito van die helfte so gou moontlik inbetaal by die kerkkantoor (verwysing: Naam en van + Badseloop kamp). Die res van die geld kan jy Donderdag, voor ons ry, betaal. Ons kan ook ander re\u00eblings tref vir die betaling.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Rekeningnaam :\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 NG Gemeente The Reeds                                                                                     Bank :\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0ABSA Centurion                                                                                                Tak nr. :\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a063 04 45                                                                                                    Rekening nr.:\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 28 90 59 04 06<\/p>\n\n\n\n<p>Internet betaling verwysing : Van, voorletters &amp; Badseloop-kamp<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Bevestig asseblief so gou moontlik dat jy saamgaan deur \u2019n whatsapp te stuur aan Sibel (082 564 3378) of tannie Gretha (082&nbsp;377&nbsp;9959) voor of op Sondag 8 November 2026, sodat ons kan weet vir hoeveel ons moet regmaak en ons vir jou inligting kan aanstuur.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Jy moet die volgende saamneem:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Slaapsak\/duvet en kussing. Daar is net matrasse op die beddens.<\/li>\n\n\n\n<li>Klere vir twee dae (warm ding vir die aande is NB &#8211; iets soos \u2018n sweetpak)<\/li>\n\n\n\n<li>Eetgerei (bordesak\/mandjie met \u2019n bord, mes, vurk, plastiek glasie\/beker, was en afdroogvadoek in).<\/li>\n\n\n\n<li>Swemklere<\/li>\n\n\n\n<li>Stapskoene of tekkies.<\/li>\n\n\n\n<li>Toiletware en handoek (solank jy mooi lyk en lekker ruik)<\/li>\n\n\n\n<li>Plakkies vir die dag\/aande (dorings, slange n skerpioen).<\/li>\n\n\n\n<li>NB! Sonbrandroom en hoed. \u2018n Re\u00ebnjas\/sambreel kan ook handig te pas kom.<\/li>\n\n\n\n<li>Muskietgoed\u00a0<strong>NB NB NB NB!<\/strong><\/li>\n\n\n\n<li>Pille vir enige allergie (ek neem noodhulpsakkie saam vir klein beserings)<\/li>\n\n\n\n<li>Bybel en skryfding.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy kan gerus jou kamera saambring indien jy \u2018n foto entoosias is (Natuurlik sal jou selfoonfotos ook mooi lyk).<\/li>\n\n\n\n<li>Daar is plek-plek selfoonontvangs, maar dit is nie baie goed nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die kamers is maar lekker warm deur die dag \u2013 bring maar iets saam om koel te bly.<\/li>\n\n\n\n<li>Die kampeerders \u2013 daar is wel pragtige bom en gras waarop julle kan staan. Daar is ook elektrisiese punte \u2013 ek weet ongelukkig nie hoeveel nie).<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>My bedoeling is om dit vir jou\/julle so lekker as moonlik te maak, daarom sien ek uit om saam met jou\/julle te kamp.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir enige verdere navrae kan julle my gerus kontak by 072 287 4045.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir noodgevalle tydens die naweek kan ek op my selfoon gekontak word 072 287 4045.<\/p>\n\n\n\n<p>Groete<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Johan Avenant<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Roeteaanwysings<\/strong> <strong>na Badseloop:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Badseloop Youth Camp vat jou onglukkig nie tot presies by die terrein nie. Ry by Badseloop Lodge se ingang verby. Ry tot jy &#8216;n 90 grade draai na regs kry en volg die pad tot jy weer &#8216;n 90 grade draai na links kry. Volg dan die pad tot by die kampterrein. Ons kamp by Warmbron. Ry dus om die swembad.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Beskrywende roeteaanwysings:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Neem die N1 snelweg in \u2019n Noordelike rigting tot by die Kranskop tolplaza (Jy ry deur drie tolhekke \u2013 die derde is Kranskop). Van hier kan jy een van twee roetes kies. Deur Modimole (Nylstroom) of via Mookgopong (Naboomspruit). Die verskil is die tweede roete is effens korter en vinniger, maar die tolgeld is aansienlik durder.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Opsie 1:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Neem die Modimole roete, dws jy gaan by die heel linkerkantste tolhek deur.<\/li>\n\n\n\n<li>Draai links na Modimole. Jy ry ongeveer (ek raai) 8-10 km tot by die dorp (Hou by die spoedgrens, oral is versteekte verkeersmanne gewoonlik op diens). Ry tot by vierrigting robot by die R 101 en<\/li>\n\n\n\n<li>draai regs op die R 101 in \u2019n Noordelike rigting. Die borde sal aandui Mookgopong (indien jy reguit sou aanry, ry jy die pad na Weesgerus vakansieoord). Ry deur die dorp. Buite die dorp kronkel die pad deur die landelike streek seker vir so ongeveer 14,6 km vanaf die laaste stopstraat in die dorp, tot by die pad wat links draai na Mookgopong .<\/li>\n\n\n\n<li>Draai links, voordat jy die snelweg kry, kry jy di\u00e9 pad, dis nogal maklik om die pad mis te kyk. (R 101 of Mookgopong Alternatiewe roete).Hou ongeveer (ek raai) 10 km op die pad aan verby die Boekenhout stasie afdraaipad.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy sal \u2019n kleinerige bruin nasionale padbord kry (Mens mis dit maklik want dit is klein) waarop staan Badseloop. Draai links by die hek op \u2018n grondpad in (As jy die bord kry wat s\u00ea Naboom\/ Mookgopong 10 km of die bord en bruggie by Badseloopspruit, is jy verby die kampterrein.)<\/li>\n\n\n\n<li>Hou aan met die grondpad vir ongeveer 2-3 km. Volg die bordjies na Badseloop Jeugterrein (nie echo kamp) tot by die terrein. Ons kamp op Warmbron, dus as die pad split binne die kampterrein, hou net links (Jy ry dus om die swembad).<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p><strong>Opsie 2:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Gaan deur enige van die hekke van die tolpad behalwe die linkerkantste twee. Volg die N1 vir ongeveer (ek raai) 25 &#8211; 40 km.<\/li>\n\n\n\n<li>Neem die Mookgopong afrit. Jy ry ongeveer 2 km met die pad aan.<\/li>\n\n\n\n<li>Draai links op die Modimole R101 pad. Jy ry nou in \u2019n Suidelike rigting vir ongeveer (ek raai)&nbsp; 7 km.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy sal \u2019n kleinerige bruin nasionale padbord kry (Mens mis dit maklik) waarop staan Badseloop.Draai regs by die hek op \u2018n grondpad in (As jy die bord kry wat s\u00ea Boekenhout ek dink stasie, dan is jy verby)<\/li>\n\n\n\n<li>Hou aan met die grondpad vir ongeveer 2-3 km. Volg die bordjies na Badseloop tot by die terrein. Ons kamp op Warmbron, dus as die pad split binne die kampterrein, hou net links (Jy ry dus om die swembad).<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Inligtingsbrief Jeug- en Gesinskamp Badseloop naby Naboomspruit 4-6 Desember 2024 Ek nooi jou uit om saam met ons te gaan kamp by Badseloop die naweek van 4-6 Desember 2026.Hierdie is nie \u2018n tradisionele kerk- of skoolkamp nie!!!!! Ons het baie &hellip; <a href=\"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/?page_id=6607\">Continue reading <span class=\"meta-nav\">&rarr;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-6607","page","type-page","status-publish","hentry"],"jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/6607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6607"}],"version-history":[{"count":20,"href":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/6607\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":10608,"href":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/6607\/revisions\/10608"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.ngthereeds.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}