Algemene Bestuur spinnekopMissie

Algemene Bestuur is verantwoordelik vir die doeltreffende bestuur van take aan hom toevertrou om die gemeente in staat te stel om sy doelwitte te bereik. Die algemene bestuur organiseer en bestuur logistieke, administratiewe en finansiële ondersteuning, sodat die gemeente effektief kan funksioneer.

Algemene Bestuur se take behels:

  • Effektiewe bestuur van finansies
  • Organisering en koördinering van projekte
  • Bemarking van die gemeente en sy aktiwiteite
  • Bestuur, onderhoud en ontwikkeling van die eiendom/terrein en fasiliteite (vaste bates van die gemeente
  • Administratiewe hulpfunksies

ALGEMENE KOMITEES EN LEDE

Finansies

Missie
Die effektiewe bestuur van die Kerk se finansies sowel as die opstel van jaarlikse begroting en administrasie van inkomste en bedryfsuitgawes.

Lede
Henriette Botha
Danie du Toit

Projekte

Missie
Om projekte te beplan en te koördineer vir die aanvulling van die gemeente se finansies ter uitbreiding van die Koninkryk van God. Die komitee gebruik ook projekte as bemarking van die gemeente aan die bou van gemeenskapsverhoudinge.

Lede
Janice Horn

Bemarking & Webblad

Missie
Die Bemarkingskomitee het ten doel om die gemeente te bemark.

Lede
-Tans is daar geen lede op hierdie komitee nie-

Eiendom & Ontwikkeling

Missie
Die eiendom ontwikkelingskomitee is verantwoordelik vir die bestuur, onderhoud en ontwikkeling van die eiendom/terrein en fasiliteite (vaste bates) van die Kerk.

Lede
-Tans is daar geen lede op hierdie komitee nie-

Eiendom Instandhouding

Missie
Die eiendom instandhoudingskomitee is verantwoordelik vir die instandhouding en onderhoud van die eiendom/terrein en fasiliteite (vaste bates) van die Kerk.

Lede
-Tans is daar geen lede op hierdie komitee nie-

Administratiewe Komitee

Missie
Effektiewe administratiewe bestuur van hulpbronne in die Kerkkantoor en van permanente en tydelike personeel.

Lede
Chris Joubert
Anneke Oosthuizen