Wat is ons Visie vir die Eredienste?

‘n Ruimte word geskep waar elke persoon teenwoordig in die erediens God kan ontmoet, Hom kan verheerlik en kan groei in hulle vehouding met God, met mekaar (omgee en diensbaarheid teenoor medegelowiges) en na buite (omgee en diensbaarheid teenoor mense wat nie deel vorm van die kerk/ons gemeente nie) en waar mense uitgedaag kan word om as lig en as sout ‘n seën te wees vir die wêreld. 

Die Paasnaweek is vir ons ‘n hoogtepunt van die jaar se bedrywighede. Jy en jou gesin word hartlik uitgenooi om saam met ons op in Jesus se voetspore sy laaste week op aarde te beleef.

Hier is die program vir die naweek.

Vir meer inligting kontak die Kerkkantoor by 012 657 1296