Inligtingsbrief
Jeug- en Gesinskamp Badseloop naby Naboomspruit 4-6 Desember 2024
Ek nooi jou uit om saam met ons te gaan kamp by Badseloop die naweek van 4-6 Desember 2026.Hierdie is nie ‘n tradisionele kerk- of skoolkamp nie!!!!! Ons het baie pret, leer mekaar goed ken en stap weg as vriende. Die kamp is vir alle kinders, tieners, jongvolwassenes en hul ouers.
Die reëlings is as volg:
- Vrydag 4 Desember ry ons om 14:30 by die gemeentesentrum (die wat kan, kan vroeër ry) en ons sal Sondag 6 Desember nie later as 15:00 terug wees by die sentrum. (Ons nooi ouers om saam te gaan kamp en so ook te help met Vervoer). Die plek is ongeveer 200 km se ry van ons af).
- Koste beloop R 800-00 per persoon, R 1500 per paar, Gesinne van 3 – R 2 200 en Gesinne van 4+ – R 2 500. Daar is ook plek vir karavane/tente. Die kostes vir Gesinne van 3 is – R 1 800 en gesinne van 4+ is – R 2 000. Laat weet as die geld ‘n probleem is, ek reël vir borge. Die kampkostes sluit alle etes en drinkgoed in. Ons vra net elke persoon/ gesin om ‘n vleisie saam te bring wat ons Saterdagaand gaan braai.
- Jy kan die volle bedrag of ’n deposito van die helfte so gou moontlik inbetaal by die kerkkantoor (verwysing: Naam en van + Badseloop kamp). Die res van die geld kan jy Donderdag, voor ons ry, betaal. Ons kan ook ander reëlings tref vir die betaling.
Rekeningnaam : NG Gemeente The Reeds Bank : ABSA Centurion Tak nr. : 63 04 45 Rekening nr.: 28 90 59 04 06
Internet betaling verwysing : Van, voorletters & Badseloop-kamp
Bevestig asseblief so gou moontlik dat jy saamgaan deur ’n whatsapp te stuur aan Sibel (082 564 3378) of tannie Gretha (082 377 9959) voor of op Sondag 8 November 2026, sodat ons kan weet vir hoeveel ons moet regmaak en ons vir jou inligting kan aanstuur.
Jy moet die volgende saamneem:
- Slaapsak/duvet en kussing. Daar is net matrasse op die beddens.
- Klere vir twee dae (warm ding vir die aande is NB – iets soos ‘n sweetpak)
- Eetgerei (bordesak/mandjie met ’n bord, mes, vurk, plastiek glasie/beker, was en afdroogvadoek in).
- Swemklere
- Stapskoene of tekkies.
- Toiletware en handoek (solank jy mooi lyk en lekker ruik)
- Plakkies vir die dag/aande (dorings, slange n skerpioen).
- NB! Sonbrandroom en hoed. ‘n Reënjas/sambreel kan ook handig te pas kom.
- Muskietgoed NB NB NB NB!
- Pille vir enige allergie (ek neem noodhulpsakkie saam vir klein beserings)
- Bybel en skryfding.
- Jy kan gerus jou kamera saambring indien jy ‘n foto entoosias is (Natuurlik sal jou selfoonfotos ook mooi lyk).
- Daar is plek-plek selfoonontvangs, maar dit is nie baie goed nie.
- Die kamers is maar lekker warm deur die dag – bring maar iets saam om koel te bly.
- Die kampeerders – daar is wel pragtige bom en gras waarop julle kan staan. Daar is ook elektrisiese punte – ek weet ongelukkig nie hoeveel nie).
My bedoeling is om dit vir jou/julle so lekker as moonlik te maak, daarom sien ek uit om saam met jou/julle te kamp.
Vir enige verdere navrae kan julle my gerus kontak by 072 287 4045.
Vir noodgevalle tydens die naweek kan ek op my selfoon gekontak word 072 287 4045.
Groete
Ds Johan Avenant
Roeteaanwysings na Badseloop:
Badseloop Youth Camp vat jou onglukkig nie tot presies by die terrein nie. Ry by Badseloop Lodge se ingang verby. Ry tot jy ‘n 90 grade draai na regs kry en volg die pad tot jy weer ‘n 90 grade draai na links kry. Volg dan die pad tot by die kampterrein. Ons kamp by Warmbron. Ry dus om die swembad.
Beskrywende roeteaanwysings:
Neem die N1 snelweg in ’n Noordelike rigting tot by die Kranskop tolplaza (Jy ry deur drie tolhekke – die derde is Kranskop). Van hier kan jy een van twee roetes kies. Deur Modimole (Nylstroom) of via Mookgopong (Naboomspruit). Die verskil is die tweede roete is effens korter en vinniger, maar die tolgeld is aansienlik durder.
Opsie 1:
- Neem die Modimole roete, dws jy gaan by die heel linkerkantste tolhek deur.
- Draai links na Modimole. Jy ry ongeveer (ek raai) 8-10 km tot by die dorp (Hou by die spoedgrens, oral is versteekte verkeersmanne gewoonlik op diens). Ry tot by vierrigting robot by die R 101 en
- draai regs op die R 101 in ’n Noordelike rigting. Die borde sal aandui Mookgopong (indien jy reguit sou aanry, ry jy die pad na Weesgerus vakansieoord). Ry deur die dorp. Buite die dorp kronkel die pad deur die landelike streek seker vir so ongeveer 14,6 km vanaf die laaste stopstraat in die dorp, tot by die pad wat links draai na Mookgopong .
- Draai links, voordat jy die snelweg kry, kry jy dié pad, dis nogal maklik om die pad mis te kyk. (R 101 of Mookgopong Alternatiewe roete).Hou ongeveer (ek raai) 10 km op die pad aan verby die Boekenhout stasie afdraaipad.
- Jy sal ’n kleinerige bruin nasionale padbord kry (Mens mis dit maklik want dit is klein) waarop staan Badseloop. Draai links by die hek op ‘n grondpad in (As jy die bord kry wat sê Naboom/ Mookgopong 10 km of die bord en bruggie by Badseloopspruit, is jy verby die kampterrein.)
- Hou aan met die grondpad vir ongeveer 2-3 km. Volg die bordjies na Badseloop Jeugterrein (nie echo kamp) tot by die terrein. Ons kamp op Warmbron, dus as die pad split binne die kampterrein, hou net links (Jy ry dus om die swembad).
Opsie 2:
- Gaan deur enige van die hekke van die tolpad behalwe die linkerkantste twee. Volg die N1 vir ongeveer (ek raai) 25 – 40 km.
- Neem die Mookgopong afrit. Jy ry ongeveer 2 km met die pad aan.
- Draai links op die Modimole R101 pad. Jy ry nou in ’n Suidelike rigting vir ongeveer (ek raai) 7 km.
- Jy sal ’n kleinerige bruin nasionale padbord kry (Mens mis dit maklik) waarop staan Badseloop.Draai regs by die hek op ‘n grondpad in (As jy die bord kry wat sê Boekenhout ek dink stasie, dan is jy verby)
- Hou aan met die grondpad vir ongeveer 2-3 km. Volg die bordjies na Badseloop tot by die terrein. Ons kamp op Warmbron, dus as die pad split binne die kampterrein, hou net links (Jy ry dus om die swembad).
