JUNIOR KATEGESE DERDE KWARTAAL 2020
Hier sal jy telkens die materiaal vir die juniorkategese kry. Ons vra dat julle as ouers saam met julle kinders deur hierdie materiaal sal werk. Die nuutste materiaal sal atyd heel bo geplaas word by die datum van die Sondag. Daar sal vir elke Sondag twee dokumente geplaas word: 1. ‘n Leiersgids wat bestaan uit Agtergrond, Aanbieding, Kleingropevaslegging vir Juniors (Gr.1-3) en Kleingroepvaslegging vir Seniors (Gr. 4-6). 2. Die kind se boek wat bestaan uit die volgende: Die eerste twee bladsye sal gewoonlik die kind (Gr. 1-3) se boek wees. Dit stem oor een met die leiersgids se Kleingroepvaslegging vir Juniors (Gr.1-3); Die derde en vierde bladsye sal gewoonlik die kind (Gr. 4-6) se boek wees. Dit stem ooreen met die leiersgids se Kleingroepvaslegging vir Seniors (Gr. 4-6). Soms is daar ekstra inligting soos bv. by So. 19 Julie ‘n speletjie (2 bladsye) en die speletjie se reëls. Daar is ook ‘n video wat julle kan kyk wat eintlik Abraham se hele lewensverhaal skets. Dit help om ‘n geheelprentjie te kry wat ons die volgende paar weke gaan doen.
Ontmoeting 21 – Broers wat baklei – Begeleiersgids
Ontmoeting 21 – Kind se boek – Juniors (Gr 1-3) en Seniors (Gr 4-6)
Ontmoeting 20 – Bid-bid vorentoe – Begeleiersgids
Ontmoeting 20 – Kind se boek Junior (Gr 1-3), en Senior (Gr 4-6)
Ontmoeting 19 Bly vertrou op God – Begeleiersgids
Ontmoeting 19 – Kind se boek Junior (Gr 1-3), Speletjie en Senior (Gr 4-6)
Ontmoeting 18 – Gevaarlik, maar gaan – Begeleiersgids
Ontmoeting 18 – Kind se boek – Juniors en Seniors
Ontmoeting 17 – Hoe kies ek – Begeleiersgids
Ontmoeting 17 – Kies reg – Kind se boek – Juniors en Seniors
Ontmoeting 16 Ek sal – Begeleiersgids
Ontmoeting 16 – Ek sal – Kind se boek – Gr 1-3 bl.46-47 en Gr 4-6 bl. 44-45 en speletjie en reëls
Kinder Pinkster
Hand in Hand Pinksterreeks (3)
KINDERAKTIWITEITE
Hier sal elke dag gedurende die “lockdown” (26 Maart – 16 April) ‘n aktiwiteit uit die Geloofspeelboek geplaas word. In hierdie boek word Bybelstories oorvertel deur Nico Simpson en word telkens ‘n aktiwiteit en illustrasie deur Aletta Simpson uitgewerk.
Die tweede boek: Kinderpret – speelleer-aktiwiteitsboek oor die Ou Testament, kan gratis tydens hierdie tyd afgelaai word by BybelMedia se e-winkel. Kik op die volgende skakel: https://eshop.bybelmedia.org.za/?wysija-page=1&controller=email&action=view&email_id=331&wysijap=subscriptions&user_id=1904
Die geloofspeelboek is vir kinders wat wil skep, speel en leer. Die kort Bybelstorie en aktiwiteite saam is ‘n wonderlike manier om met kinders te gesels oor wat ons glo.
Al die aktiwiteite is so ontwerp dat kinders tussen 4-8 jaar oud dit met min toesig self kan doen. By elke aktiwiteit is daar ‘n lys van alles wat die kinders sal nodig kry. Stap-vir-stap-riglyne en prentjies help hulle om die aktiwiteite te voltooi.
Ouers kan die Bybelstories lees of oorvertel terwyl die kinders die aktiwiteite doe, of hulle kan die aktiwiteite eers doen en daarna na die storie luister. Ouer kinders kan die storie self lees.
Dag 8 – Daniël in die leeukuil
Dag 13 – Die broodjies en die vissies