Uitreik Bediening

Indien jy graag wil inskakel, kontak Ds Johan Avenant gerus by 012 661 9048

Wetnose uitreik Sa. 19 Feb. 2022

Die jeug beplan ‘n uitreik na Wetnose diere reddingsentrum (Animal Rescue Centre) naby Bronkhorstspruit op Saterdag 19 Februarie tussen 9:00 en 13:00. Ons beplan om vanaf die gemeentesentrum te vertrek om 8:30 en sal ongeveer 14:00 terug wees. Ons nooi jou en jou hele gesin uit om saam met ons te kom of ons te ondersteun met ‘n skenking.