Leraars

Ds. Johan Avenant is in Augustus 1990 in The Reeds bevestig. Hy is getroud met Harriet, ’n fisioterapeut van beroep. Hulle het twee kinders, Lida (Veeartspatoloog) en Jan-Chris (Ingenieur).

Avenant Gesin

Prof. Gert Prinsloo (Professor in Simitiese tale aan die Universiteit van Pretoria)  was vroeër ook in die gemeente as tentmakerleraar (1992-2005), maar is weer 14 Oktober 2018 as kontrakleraar  in die gemeente bevestig. Hy is getroud met Reineth, ‘n maatskaplike werker (Professor in die Departement van Maatskaplike werk aan die Universiteit van Pretoria) en hulle het twee seuns, Paul (grafiese ontwerper) wat getroud is met Lurinda (Arbeidsterapeut) en Conrad (IT-spesialis). Gert en Reineth is die trotse oupa en ouma van Licia, Paul en Lurinda se dogter.