Die Visie van ons gemeente is:
Christus werk en leef in, met en deur ons
Missie: God is in, met en deur The Reeds besig om die wêreld te red en herstel om die nuwe lewe in Christus te ervaar en betekenisvol te lewe,
daarom is The Reeds:
‘n Veilige hawe vir nuwe hoop!
Veilige hawe – ‘n ruimte waar mense veilig voel (liefde, deernis, omgee en heling) en die hart van God ervaar en opgebou en toegerus word as dissipels van Christus, daarom is dissipel-wees en dissipels-maak ons kernbesigheid.
Nuwe hoop – gebrokes, stukkendes, seerkry-mense beleef omgee, bemoediging, goedhartigheid, redding, heling, vernuwing en die nuwe lewe in Christus. Om hierdie rede is ons nuwe identiteit in Christus -wat God aan ons gee – en ‘n lewe in gebed onder leiding van die Heilige Gees deel van ons kernbesigheid.
