Waar pas ek in?

Jy is welkom by NG Gemeente The Reeds se kleingroepe! Daar is ‘n verskeidenheid van kleingroepe in ons gemeente. Sommige vir gesinne, jonggetroudes, enkellopendes, bejaardes en jongmense. Daar is ook ‘n klompie kleingroepe wat meer op dienslewering ingestel is en ander op Bybelstudie. Sommige groepe kom by huise bymekaar. Daar is ook groepe wat nie by huise bymekaar kom nie soos die volgende:

  • Aksie55
  • Vrouebybelstudie
  • Jong Getroudes
  • Gebedsgroepe
  • Hospitaal en Omgee
  • Lofdansers
  • Junior en Senior Kategese
  • Jong Volwassenes

 Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.